44. Ad-Dukhaan
1Gaa-Miem
2By die Boek wat verduidelik
3Waarlik, Ons het dit in ’n geseënde nag geopenbaar, en Ons waarsku altyd
4Daarin word alles verduidelik
5’n Gebod van Ons ~ waarlik, Ons stuur altyd boodskappers
6’n Genade van u Heer ~ voorwaar, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende
7Die Heer van die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, indien julle seker wil wees
8Daar is geen god buiten Hom nie; Hy gee lewe en ook die dood ~ julle Heer en die Heer van julle vaders van ouds
9Nee, in twyfel speel hulle
10Wag dan vir die Dag waarop die hemel ’n duidelike misneuwel teweeg sal bring
11wat die mense sal bedek. Dit is ’n smartlike straf
12Ons Heer! Verwyder die straf van ons; waarlik, ons is gelowig! sal hulle sê
13Wanneer sal hulle herinner word? En ’n Boodskapper wat verduidelik, het inderdaad na hulle gekom
14tog het hulle van hom weggedraai, en gesê: Iemand deur ander onderwys, ’n besetene
15Ons sal die straf effens verlig, maar julle sal sekerlik tot die kwaad terugkeer
16Op die Dag wanneer Ons hulle met ’n geweldige greep sal vasvat, sal Ons hulle sekerlik met die straf vergeld
17En Ons het die volk van Farao vóór hulle reeds op die proef gestel, en ’n edele boodskapper het na hulle gekom
18en gesê: Oorhandig aan my die dienaars van Allah. Waarlik, ek is vir julle ’n betroubare boodskapper
19En verhef julle nie teen Allah nie. Voorwaar, ek bring julle ’n duidelike leiding
20En ek soek toevlug by my Heer, uit vrees dat julle my sal stenig
21En as julle nie in my glo nie, laat my dan alleen
22Toe het hy sy Heer aangeroep: Dit is inderdaad ’n sondige volk
23Allah het gesê: Trek dan weg met My dienaars gedurende die nag, want julle sal sekerlik agtervolg word
24en laat die kalm see agter. Voorwaar, hulle is ’n skare wat verdrink sal word
25Hoeveel tuine en fonteine het hulle agtergelaat
26En koringvelde en goeie plekke
27En genietinge waarin hulle hul verheug het
28So was dit. En Ons het ’n ander volk dit laat erf
29Die hemel en die aarde het nie oor hulle geween nie, nog minder is aan hulle uitstel verleen
30En inderdaad het Ons die Kinders van Israel gered van ’n vernederende straf
31van Farao. Voorwaar! Hy was arrogant, sondig
32En Ons het hulle doelbewus bo ander volke uitverkies
33En Ons het hulle tekens gegee, waarin daar ’n duidelike beproe- wing was
34Hierdie ongelowiges sê
35Daar is slegs ons eerste dood en ons sal nie opgewek word nie
36Bring dan ons voorvaders terug, indien julle opreg is
37Is húlle beter as die volk van Toebba en diegene wat vóór hulle was? Ons het hulle vernietig, omdat hulle misdadig was
38En Ons het nie die hemele en die aarde en wat daartussen is, vir ydele pret gemaak nie
39En Ons het hulle nie anders geskape nie as deur waarheid, maar die meeste van hulle weet dit nie
40Voorwaar, die Dag van Beslissing is vir hulle almal vasgestel
41Die Dag wanneer een vriend ’n ander niks sal baat nie, nóg sal hulle gehelp word
42behalwe diegene teenoor wie Allah genadig sal wees. Voorwaar, Hy is die Allermagtige, die Genadige
43Voorwaar, die boom van Zakkoem
44is die voedsel van die sondaars
45soos gesmelte koper borrel dit in hulle buike
46soos kokende water
47Gryp hom, en sleep hom tot in die middel van die Hel
48giet dan oor sy hoof kokende water
49Smaak dit! U is mos glo die magtige, die eerbiedwaardige
50Dít is inderdaad wat julle betwyfel het
51Die godvresendes sal inderdaad in ’n veilige plek wees
52In die Tuine met fonteine
53gekleed in fyn sy en swaar sy, met die aangesig na mekaar gekeer
54So sal dit wees! En Ons sal hulle met suiwer maagde met sielvolle oë laat trou
55Daarin sal hulle in veiligheid na alle vrugtesoorte vra
56Hulle sal geen dood daarin ondervind nie, behalwe die eeste dood; en Hy sal die straf van die Hel van hulle afkeer
57’n Genade van u Heer. Dít is die groot sukses
58Ons het dit vir u tong maklik gemaak, sodat hulle kan onthou
59Wag dan; natuurlik wag hulle ook
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath