22. Al-Hajj
1O mensdom! Wees bewus van jul Heer; waarlik, die skok van die Uur is verskriklik
2Die Dag waarop julle dit sal beleef, sal elke sogende vrou haar suigeling verloor, en elke swanger vrou sal ontslae raak van wat in haar baarmoeder is, en u sal mense bedwelmd sien terwyl hulle tog nie dronk is nie. En die straf van Allah sal streng wees
3En tussen die mense is daar ook diegene wat oor Allah argumenteer sonder kennis, en elke opstandige duiwel volg
4Vir hom is dit voorgeskryf dat wie ook al hom tot vriend neem, deur hom mislei en na die straf van die Brandende Vuur gelei sal word
5O mensdom! As julle twyfel oor die weeropstanding, dink dan daaraan dat Ons julle uit stof geskape het, daarna uit ’n sperm, toe uit ’n klont bloed, daarna uit ’n stuk vleis, sommige gevorm en ander ongevorm, sodat Ons dit aan julle duidelik kan maak. En Ons laat wat Ons behaag vir ’n vasgestelde tyd in die baarmoeders bly, daarna bring Ons julle as suigelinge voort, en Ons laat julle opgroei tot volwassenheid. Tussen julle is daar ook diegene wat deur die dood agterhaal word, en andere wat so ’n hoë ouderdom bereik dat hulle nie meer weet nie, terwyl hulle voorheen geweet het. En u sien hoe die aarde leweloos is, maar wanneer die reën daarop val, beweeg dit, swel op en bring mooi plante van alle soorte voort
6Dit is omdat Allah die Waarheid is, en omdat Hy lewe gee aan die dooie, en omdat Hy mag het oor alle dinge
7Voorwaar, die Uur waaraan geen twyfel is nie, kom nader; en Allah sal almal opwek wat in die grafte is
8Entussendiemenseisdaarookdiegenewatoor Allahargumenteer sonder kennis, sonder leiding en sonder ’n liggewende Boek
9en homself hooghartig afkeer ten einde ander van Allah se weg af te lei. Vir hom is daar skande in hierdie wêreld, en op die Dag van Weeropstanding sal Ons hom die straf van verbranding laat smaak
10Dit is omdat julle twee hande dit vooruitgestuur het. En Allah is geensins onregverdig teenoor sy dienaars nie
11En tussen die mense is daar ook diegene wat Allah weifelend aanbid. As dit met hom goed gaan, is hy tevrede, maar as ’n beproewing hom te beurt val, keer hy kopvooruit terug. Hy verloor hierdie wêreld en ook die Hiernamaals. Dit is ’n duidelike verlies
12Hy roep buiten Allah daardie dinge aan wat hom nóg skade nóg voordeel kan bring; dit is ’n groot dwaling
13Hy roep hóm aan wie se kwaad nader is as sy voordeel. Voor- waar, boos is die beskermer, en waarlik, boos is die metgesel
14Voorwaar, Allah sal hom wat glo en goeie werke doen, Tuine laat binnegaan waardeur riviere stroom. Allah doen inderdaad wat Hy wil
15Wie dink dat Allah hom1 in hierdie wêreld en die Hiernamaals nie sal help nie, laat hom op die een of ander wyse opstyg na die hemel en Allah se hulp probeer dwarsboom, en kyk of sy plan dít waaroor hy toornig is, kan wegkeer
16En aldus het Ons dit geopenbaar, duidelike tekens; en Allah lei wie Hy wil
17Diegene wat glo en die Jode en die Sabiërs en die Christene en die Magiërs en die heidene ~ voorwaar, Allah sal op die Dag van Opstanding tussen hulle oordeel. Sekerlik, Allah is Getuie oor alle dinge
18Sien u dan nie dat alles wat in die hemele en op die aarde is, en die son en die maan en die sterre, en die berge en die bome, en die diere en baie mense, aan Allah onderdanig is nie? En baie is daar vir wie die straf geregverdig is. En diegene vir wie Allah verneder, niemand kan hom ophef nie. Voorwaar, Allah doen wat Hy wil
19Hulle is twee teenstanders2 wat oor hulle Heer argumenteer. Vir hulle wat nie glo nie, sal daar ’n gewaad van Vuur uitgesny word. En kokende water sal oor hulle hoofde gegiet word
20Daarmee sal hulle ingewande en hulle velle verteer word
21En vir hulle is daar swepe van yster
22Telkens wanneer hulle uit angstigheid wens om daaruit te gaan, sal hulle daarin teruggedryf word, en daar sal gesê word: Smaak die straf van verbranding
23Sekerlik, Allah sal diegene wat glo en goeie dade doen, Tuine laat binnegaan waardeur riviere vloei. Hulle sal daarin met armbande van goud en met pêrels getooi word. En hulle gewaad daarin sal van sy wees
24En hulle sal met rein woorde op die pad van die Prysenswaardige gelei word
25Hulle wat nie glo nie en mense verhinder van die Heilige Moskee3 wat Ons vir alle mense aangewys het, of hy daarin woonagtig is of ’n besoeker is ~ en hy wat daarin onregverdig na goddeloosheid strewe ~ vir hom sal Ons ’n pynlike straf laat smaak
26En toe Ons Abraham die plek van die Huis4 aangewys het, het Ons gesê: Vereenselwig niemand met My nie, en reinig My Huis vir diegene wat die Omwentelinge5 doen, en vir diegene wat vir die gebed opstaan en vooroorbuig en prostreer
27En verkondig die bedevaart aan die mense. Hulle sal te voet of op elke maer kameel oor lang afstande na u kom
28sodat hulle van hulle voordeel mag getuig en die Naam van Allah gedurende die vasgestelde dae uitspreek oor die viervoetige vee waarvan Hy hulle voorsien het. Eet dan daarvan, en voed die behoeftiges, die armes
29Laat hulle dan voldoen aan die nodige reinigingshandelinge, en laat hulle hul gelofte nakom en wentel om die ou Huis6 gaan
30Laat dit so wees. Wie daarom die heilige gebooie van Allah eer, vir hom sal dit die goeie verdien by sy Heer. En alle vee is vir julle geoorloof, behalwe dié wat andersins aan julle verkondig is. Vermy derhalwe die onreinheid van die afgodsbeelde, en vermy valse woorde
31en wees opreg voor Allah, sonder om enigiets met Hom te vereenselwig. En wie iets met Allah vereenselwig, dit is asof hy van ’n hoogte afgeval en die voëls hom weggeruk het, of asof die wind hom na ’n afgeleë plek weggevoer het
32Laat dit so wees. En wie die Simbole van Allah respekteer, voorwaar, hulle is die opregtes van harte
33Daarin is voordele vir julle vir ’n vasgestelde tyd; daarna sal hulle offerplek by die Ou Huis wees
34En vir elke volk het Ons handelinge van toewyding ingestel sodat hulle die Naam van Allah kan uitspreek oor die viervoetige diere wat Hy as voedsel aan hulle gegee het. Julle God is dus Een God, daarom moet julle aan Hom onderdanig wees. En bring ’n blye tyding aan die ootmoediges
35aan hulle wie se harte met vrees vervul word wanneer Allah se Naam op die lippe geneem word, en dié wat geduldig is in hulle kwellings, en dié wat die gebed onderhou en bestee van die dinge waarmee Ons hulle bedeel het
36En onder die heilige tekens van Allah het Ons vir u die offer- diere aangewys. Daarin is baie voordele vir u. Spreek daarom die Naam van Allah daaroor uit, terwyl hulle in rye staan. Wanneer hulle op hulle sye neerslaan, eet daarvan, en voed diegene wat vra en diegene wie nie vra nie. Want so het Ons dit aan julle diensbaar gemaak, sodat julle dankbaar kan wees
37Nóg hulle vleis nóg hulle bloed bereik Allah, maar die godvresendheid is vir Hom aanneemlik. Daarom het Hy dit aan julle diensbaar gemaak, sodat julle Allah kan verheerlik vir dít waarnatoe Hy julle gelei het. En bring ’n blye tyding vir diegene wat aan andere goeddoen
38Voorwaar, Allah beskerm die gelowiges. Voorwaar, Allah het niemand lief wat ontrou en ondankbaar is nie
39Toestemming om te veg word verleen aan diegene teen wie oorlog gemaak is, omdat hulle verdruk word. En waarlik, Allah is in staat om hulle by te staan
40hulle wat sonder billike rede uit hulle huise verdryf word, slegs omdat hulle sê: Ons Heer is Allah. En indien Allah nie sommige mense deur ander terugdryf nie, sou kloosters en kerke en sinagoges en moskees, waarin die Naam van Allah dikwels aangeroep word, afgebreek word. En Allah sal diegene ondersteun wat Hóm help. Allah is inderdaad Sterk, Almagtig
41Hulle wat, indien Ons hulle in die land vestig, die gebed sal onderhou en die offergawes betaal, tot die goeie aanspoor en die kwaad verbied. En die einde van alle sake berus by Allah
42En indien hulle u verwerp, weet dan dat die volk van Noag, Aad en Thamoed voorheen dieselfde gedoen het
43net so het die volk van Abraham en die volk van Lot ook gedoen
44en die bewoners van Mede, Moses was ook verwerp. Maar Ek het aan die ongelowiges uitstel verleen, daarna het Ek hulle gegryp; en hoe streng was My afkeuring toe
45Hoeveel stede het Ons nie verdelg omdat hulle onregverdig was nie, sodat die dakke daaarvan ingestort het, en saam met hulle baie waterbronne en hoë, trotse paleise
46Het hulle dan nie in die land gereis sodat hulle harte moes hê waarmee hulle kon verstaan, of ore waarmee hulle kon hoor nie? Want waarlik, dit is nie die oë wat blind is nie, maar dit is die harte in die boesems wat blind is
47En hulle dring by u aan om die straf te verhaas, maar Allah sal nooit Sy Belofte verbreek nie. En voorwaar, ’n dag by u Heer is soos ’n duisend jaar by u berekening
48En aan hoeveel stede het Ek nie uitstel verleen nie, hoewel hulle onregverdig was; maar daarna het Ek dit gegryp! En tot My is die terugkeer
49Sê: O mensdom! Ek is slegs ’n duidelike waarskuwer vir julle
50Vir hulle dan wat glo en goeddoen, vir hulle is daar vergifnis en ’n eervolle lewensonderhoud
51Maar hulle wat probeer om Ons tekens kragteloos te maak, hulle is die inwoners van die Vlammende Vuur
52En nog nooit het Ons ’n boodskapper of ’n profeet vóór u gestuur nie, of wanneer hy sy boodskap aflewer, probeer die duiwel sy verleidinge; maar Allah maak die inblasinge van die duiwel tot niet. Dan bevestig Allah Sy tekens. En Allah is Alleswetend, Allerwys
53Sodat Hy die inblasinge van die duiwel as ’n beproewing kan gebruik vir diegene in wie se harte daar ’n siekte is, en wie se harte verhard is. Want voorwaar, die kwaaddoeners is in verre opposisie
54En sodat hulle aan wie kennis gegee is, kan weet dat die Waarheid van u Heer kom, sodat hulle daarin kan glo en sodat hulle nederig voor Hom kan wees. En vir diegene wat glo, is Allah die Gids na die regte weg
55En die ongelowiges sal nie ophou om daaraan te twyfel nie, totdat die Uur hulle onverwags agterhaal, of die straf van ’n rampsalige Dag oor hulle kom
56Die koninkryk van daardie Dag sal Allah s’n wees. Hy sal oor hulle reg spreek. Maar hulle wat glo en goeddoen, sal in Tuine van Saligheid bly
57En hulle wat nie glo nie en Ons tekens verwerp, vir hulle is daar ’n skandelike straf
58En hulle wat ter wille van Allah migreer en dan sneuwel of sterwe, Allah sal sekerlik aan hulle ’n goeie voorsiening verskaf. En voorwaar, Allah is die Beste Voorsiener
59Gewis sal Hy hulle ’n plek laat binnegaan waarmee hulle tevrede sal wees. Allah is inderdaad Alleswetend, Verdraagsaam
60En so sal dit wees. En wie vergeld in dieselfde mate waarin hy onreg aangedoen is, en hy word onderdruk, Allah sal hom sekerlik bystaan. Waarlik, Allah is Vergewend, Vergewensgesind
61Dit is omdat Allah die nag laat oorgaan in die dag, en die dag laat oorgaan in die nag, en omdat Allah Alleshorend, Allessiende is
62en omdat Allah die Waarheid is, en dít wat hulle buiten Hom aanroep, vals is, en omdat Allah die Hoë, die Grote is
63Sien u dan nie dat Allah water uit die wolke afstuur en die aarde daarna groen word nie? Allah is inderdaad Kennisdraend van alle geheime en ook die Allerbewuste
64Aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is. En waarlik, Allah is die Self-Genoegsame, die Lofwaardige
65Merk u dan nie dat Allah alles wat op die aarde is aan julle diensbaar gemaak het, en dat die skepe op Sy bevel die see deur- klief nie? En Hy weerhou die hemel daarvan om sonder Sý toestemming op die aarde te val. Waarlik, Allah is Liefdevol en Genadevol teenoor die mense
66En dit is Hy wat aan julle die lewe gee, en daarna laat Hy julle weer sterwe, waarna Hy julle weer sal opwek. Waarlik, die mens is ondankbaar
67Vir elke volk het Ons gewyde seremonies vasgestel, sodat hulle dit kan onderhou. Laat hulle daarom nie met u oor die saak argumenteer nie, en roep u Heer aan. Waarlik, u volg die regte leiding
68Maar as hulle met u argumenteer, sê dan: Allah weet goed wat julle doen
69Allah sal op die Opstandingsdag tussen julle oordeel omtrent dít waaroor julle van mening verskil
70Weet u dan nie dat Allah weet wat in die hemel en op die aaarde is nie? Sekerlik, dit is alles in ’n boek. Vir Allah is dit baie maklik
71En hulle aanbid buiten Allah daardie dinge waartoe Hy geen magtiging verleen het nie en waarvan hulle ook niks weet nie. En vir die kwaaddoeners is daar geen helper nie
72En wanneer Ons duidelike verse en tekens aan hulle voorgedra word, sal u afkeuring bespeur op die gesigte van die ongelowiges. Hulle sal diegene wat Ons verse voordra, byna wil aanval. Sê: Sal ek julle oor iets nog erger as dít inlig? Die Vuur! Allah het dit aan die ongelowiges belowe. En dit is ’n bose bestsemming
73O mensdom! ’n Gelykenis word gegee; luister daarna. Voor- waar, diegene wat julle in plaas van Allah aanbid, kan selfs geen vlieg skep nie, al sou hulle dit almal saam probeer. En as ’n vlieg iets van hulle sou wegneem, sal hulle dit nie kan terugneem nie. Swak is sowel die soeker as diegene wat gesoek word
74Hulle eer Allah nie met die agting wat Hom toekom nie. Voorwaar, Allah is Sterk, Allermagtig
75Allah kies boodskapppers uit die engele en uit die mense. Voorwaar, Allah is Alleshorend, Allessiende
76Hy weet wat voor hulle is en wat agter hulle is. En na Allah word alles weer teruggebring
77O julle gelowiges! Buig vooroor en prostreer, en aanbid julle Heer, en doen goed, sodat julle suksesvol mag wees
78En stry vir die saak van Allah met gepaste ywer. Hy het julle gekies en julle in die godsdiens geen las opgelê nie ~ dit is die geloof van julle vader Abraham. Hy het julle voorheen Moesliems genoem, en so ook in hierdie Boek, sodat die Boodskapper ’n getuie vir julle mag wees en dat julle getuies vir die ganse mensdom mag wees. Onderhou dus die gebed en betaal die offergawes, en hou vas aan Allah. Hy is julle Beskermer; uitmuntend die Beskermer en uitmuntend die Helper! In die Naam van Allah, die Barmhartige, die Genade
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath