Islam
terug

98. Al-Bayyina

1Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, en die heidene, kon hul dwaling nie insien voordat die duidelike bewys aan hulle getoon is nie

2’n Boodskapper van Allah, wat die suiwer bladsye voordra

3waarin alle regte boeke opgeneem is

4Ook het hulle, aan wie die Boek geskenk is, nie met mekaar getwis voordat die duidelike bewys aan hulle getoon was nie

5Hulle word slegs gelas om Allah te aanbid ~ opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid, eerlik ~ en om die gebed te onderhou en offergawes te gee; dít is ware godsdiens

6Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, en die heidene, sal in die Vuur van die Hel te vinde wees, waarin hulle sal bly. Hulle is die slegste van almal wat geskape is

7Maar hulle wat glo en goeddoen, hulle is die beste van alle geskapenes

8Hulle beloning is by hul Heer: Tuine van Ewigheid, waardeur riviere vloei en waarin hulle vir altyd sal bly; en hulle Heer sal weltevrede wees met hulle, en hulle sal weltevrede wees met Hom. Dit alles is vir hom wat sy Heer vrees

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath