93. Ad-Dhuhaa
1By die glansrykheid van die dag
2En die nag wanneer dit stil is
3U Heer het u nie verlaat nie, en is ook nie ontevrede met u nie
4Voorwaar, die toekoms sal vir u beter wees as dít wat verby is
5En waarlik, u Heer sal vir u baie gee, en u sal weltevrede wees
6Het Hy u nie as weeskind gevind, en vir u herberg gegee nie
7En het Hy u nie dwalend gevind en u gelei nie
8En het Hy u nie in armoede gevind en u verryk nie
9Daarom: onderdruk die weeskind nie
10en snou die bedelaar nie toe nie
11maar maak die guns van u Heer bekend
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath