92. Al-Lail
1By die nag wanner dit omsluier
2En by die strale van die dag
3En by die skepping van die man en die vrou
4Voorwaar, julle strewe beoog verskillende doelwitte
5Dan wat hom betref wat offergawes gee en Hom vrees
6en die goeie aanvaar
7Ons sal sy weg vir hom gelykmaak, en hy sal suksesvol wees
8Maar hy wat gierig is en dink dat hy selfgenoegsaam is
9en wat die beste is, verwerp
10Ons sal sy weg ellendig maak
11en rykdom sal hom niks baat wanneer hy vergaan nie
12Voorwaar, dit is Ons plig om te lei
13En waarlik, aan Ons behoort die Hiernamaals sowel as die tyd wat verby is
14Daarom waarsku Ek julle teen die Vlammende Vuur
15niemand, behalwe die rampsaligste, sal dit binnegaan nie
16hulle wat die waarheid verwerp en weg
17Maar die regverdige sal ver daarvandaan bly
18hy wat van sy rykdom bestee om homself te reinig
19En niemand durf reken dat hy beloon moet word nie
20behalwe hy wat die welbehae van sy Heer, die Verhewene, soek
21En hy sal weldra tevrede wees
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath