Islam
terug

91. Ash-Shams

1By die son en sy glansrykheid

2by die maan as hy hom volg

3by die dag, as dit onthul

4by die nag, as dit bedek

5by die hemel en die skepping daarvan

6by die aarde en sy ruimte

7En by die siel en sy volmaaktheid

8So openbaar Hy die goeie sowel as die bose weg

9Suksesvol sal hy wees wat dit rein hou

10maar klaaglik die lot van hom wat die siel verlei en besoedel

11Die stam van Thamoed het die waarheid in hulle boosaardig- heid verwerp

12toe die gemeenste onder hulle in opstand gekom het

13Tog het die boodskapper van Allah vir hulle gesê: Dít is die kamelin van Allah; laat haar drink

14Maar hulle het hom verloën en haar geslag. Daarom het hulle Heer hulle vanweë hul sonde verdelg, en alles met die grond gelyk gemaak

15En Hy vrees nie die gevolge hiervan nie

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath