Islam
terug

90. Al-Balad

1Ek sweer by hierdie stad

2u2 is van verantwoordelikheid vir hierdie stad onthef

3en by die vader3 en wat hom4 verwek het

4voorwaar, Ons het die mens geskape om moeilikhede te oorwin

5Dink hy dat niemand gesag oor hom uitoefen nie

6Hy sal sê: Ek het baie rykdom verkwis

7Dink hy dat niemand hom sien nie

8Het Ons hom nie twee oë gegee nie

9en ’n tong en twee lippe nie

10en die twee hoofweë5 getoon nie

11Maar hy probeer nie om die bergpad te bewandel nie

12En wat weet u van die bergpad

13Dit is om ’n slaaf te bevry

14of op ’n dag van honger te voed

15’n weeskind, wat ’n familielid is

16of ’n arm persoon wat in die stof rol

17En verder, om gelowig te wees, en te vermaan tot geduld, en tot genade

18Hulle is die volk van die regterhand

19Maar hulle wat nie in ons tekens glo nie, hulle is die volk van die linkerhand

20’n Geslote Vuur sal hulle omring

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath