Islam
terug

89. Al-Fajr

1By die dagbreek

2en die tien nagte

3by die gelyke en die ongelyke

4en by die nag wanneer dit verdwyn

5Waarlik, hierin is ’n eed vir die verstandige mense

6Het u nie gesien hoe u Heer met die stam van Aad gehandel het nie

7die volk van Iram, wat hoë geboue gehad het

8waarvan die gelyke nog nie in hierdie land voortgebring is nie

9en met die stam Thamoed wat die rotse in die dal uitgehol het

10en met Farao, heer van baie

11wat hom in die stede te buite gegaan het

12en baie verderf daarin aangerig het

13U Heer het hulle ’n gedeelte van die straf laat toekom

14Voorwaar, u Heer is Waaksaam

15Maar die mens, wanneer Hy hom beproef deur eer en gunste aan hom te gee, sê hy: My Heer het my geëer

16Maar wanneer Hy hom beproef met skaarste van voedsel, sê hy: My Heer het my onteer

17Maar waarom eer julle nie die weeskind

18en vermaan julle mekaar nie om die armes te voed nie

19Julle verorber die hele erfdeel

20en julle hou te veel van weelde

21Nee, wanneer die aarde aan stukke sal verbrokkel

22en u Heer met skares engele sal verskyn

23en die Hel op ’n Dag vertoon sal word; op dié Dag sal die mens versigtig wees; maar wat sal sy versigtigheid hom baat

24Hy sal sê: O, kon ek nie maar liewer iets vir my lewe voruit- gestuur het nie

25Niemand kan straf soos Hy op daardie Dag sal straf nie

26Ook kan niemand boei soos Hy sal boei nie

27Maar u, o siel in vrede

28keer terug tot u Heer met welbehae

29Wees met My dienaars

30en gaan saam met hulle My Paradys binne

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath