Islam
terug

88. Al-Ghaashiya

1Het nuus van die Oorweldigende Gebeurtenis u bereik

2Op dié Dag sal sommige gesigte neergeslaan wees

3verslae, afgemat

4verskroei deur ’n Brandende Vuur

5terwyl hulle sal drink uit ’n kokende fontein

6Hulle sal geen voedsel kry nie, behalwe giftige dorings

7en dit sal nie voedsaam wees, en hulle teen die honger ook niks baat nie

8Ander gesigte sal op dié Dag bly wees

9weltevrede met hul strewe

10in ’n verhewe Tuin

11waarin u geen ydele gesprek sal hoor nie

12In hierdie Tuin is ’n borrelende fontein

13en hoë rusbanke

14en drinkbekers

15en gerangskikte kussings

16en oopgespreide tapyte

17Kyk hulle nie na die wolke, hoe hulle gevorm word nie

18En na die hemel, hoe verhewe dit is nie

19En na die berge, hoe hulle gevestig is nie

20En na die aarde en sy uitgestrektheid nie

21Vermaan dan, want u is slegs ’n waarskuwer

22U is geen bewaarder oor hulle nie

23Maar wie ook al wegdraai en weier om te glo

24Allah sal hulle met die strengste kastyding straf

25Voorwaar, hulle terugkeer is na Ons

26dan kom dit Ons toe om hulle te vergeld

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath