87. Al-A'laa
1Verheerlik die Naam van u Heer, die Allerhoogste
2wat skep, en dan vervolmaak
3en wat bepaal, en dan lei
4wat die plante laat uitspruit
5en dit dan tot stof verdor
6Ons sal u dit1 laat voordra, sodat u dit nooit sal vergeet nie
7behalwe wat Allah wil ~ waarlik, Hy weet wat in die geheim en in die openbaar plaasvind
8Ons sal u weg voorspoedig maak
9Vermaan dan, want vermaning is goed
10Hy wat vrees, sal oplettend wees
11Maar die rampsalige wat dit vermy
12sal in die Vuur brand
13Daarin sal hy nie kan lewe en ook nie sterwe nie
14Voorspoedig is hy wat homself reinig
15en die Naam van die Heer op sy lippe neem en bid
16Maar julle verkies die lewe van hierdie wêreld
17terwyl die Hiernamaals beter is en ewig
18Waarlik, dit is in die ou geskrifte vermeld
19die geskrifte van Abraham en Moses
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath