86. At-Taariq
1By die hemele en by die Aandster
2Wat sal u laat verstaan wat die Aandster is
3Dit is ’n skitterende ster
4En daar is geen siel waaroor daar nie ’n waker is nie
5Laat die mens dus besef waarvan hy geskape is
6Hy word geskep uit stortende water
7wat uit die ribbes en die ruggraat kom
8Waarlik, Hy is by magte om die mens weer op te wek
9Op die Dag wanneer die geheime openbaar sal word
10dan sal hy geen krag of helper hê nie
11By die wolk wat reën gee
12en by die aarde wat plante laat voortspruit
13voorwaar, dit is ’n Beslissende Woord
14en ook geen ydele Woord nie
15Voorwaar, húlle beraam ’n plan
16en Ek beraam ’n plan
17Skenk die ongelowiges dus uitstel ~ laat hulle alleen vir ’n tyd en wyl
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath