85. Al-Burooj
1By die sterbesaaide hemel
2en die Beloofde Dag
3By die getuie en dít waarteen hy getuig
4’n Rampspoed het oor die Mense van die Loopgraaf gekom
5’n gestookte Vlammende Vuur
6waarby hulle gesit het
7en hulle was getuie van wat hulle aan die gelowiges gedoen het
8En hulle het die gelowiges om geen rede gestraf nie, behalwe dat hulle aan Allah, die Allermagtige, die Lofwaardige, geglo het
9aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort; en Allah is getuie oor alle dinge
10Voorwaar, hulle wat die gelowige mans en die gelowige vroue vervolg, en dan geen berou toon nie, vir hulle is die Hel as straf, en vir hulle is die straf van verbranding
11Vir die gelowiges wat goeie dade doen, is daar Tuine waarin riviere vloei; dit is iets om na te streef
12Waarlik, die greep van u Heer is hard
13Waarlik, dit is Hy wat eers skep en daarna voortbring
14en Hy is die Vergewensgesinde, die Liefderyke
15Heer van die Troon van Mag, die Roemryke
16Uitvoerder van Sy wil
17Het die verhaal van die leërskare u dan nie bereik nie
18van Farao en Thamoed
19Nee, maar die ongelowiges hou aan met verloëning
20en Allah omring hulle van alle kante
21Nee, dit is ’n glorieryke Qur’ãn
22in ’n beskermde gedenksteen
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath