Islam
terug

83. Al-Mutaffifin

1Wee die bedrieërs

2Wat, wanneer iemand vir hulle ’n maat neem, op die volle maat aandring

3maar wanneer hulle vir ’n ander iets moet meet of afweeg, minder gee as wat dit moet wees

4Dink hulle nie daaraan dat hulle weer opgewek sal word

5op ’n groot Dag nie

6Die Dag wanneer die mense voor die Heer van die Wêrelde sal staan

7Nee, sekerlik, die gedenkskrif van die bose is: In die Gevangenis

8En weet u wat die Gevangenis is

9Dit is ’n geskrewe Boek

10Wee hulle, op dié Dag

11wat die Dag van Oordeel ontken

12En niemand ontken dit nie, behalwe elke oortreder, elke sondaar

13Wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, sê hy: Stories van die oervolke

14Nee, dít wat hulle verdien het, is soos roes op hulle harte

15Waarlik, hulle sal daardie Dag van hulle Heer uitgesluit word

16Dan sal hulle waarlik die Brandende Vuur ingaan

17Dan sal daar gesê word: Dít is wat julle ontken het

18Waarlik, die gedenkskrif van die deugsame sal wees: die mees Verhewe Plekke

19En weet u wat die mees Verhewe Plekke is

20Dit is ’n geskrewe Boek

21Hulle wat na aan Allah is, sal dit sien

22Waarlik, die deugsame sal hom verheug

23Op verhewe rusbanke sal hulle mekaar raaksien

24U sal op hulle gesigte die glans van geluksaligheid bemerk

25Vir hulle word gegee om te drink: ’n suiwer drank, verseël

26en die seël daarvan is van muskus, ~ Laat hulle wat wedywer, hiervoor wedywer

27En dit sal gemeng word met water wat van bo kom

28’n Fontein, waaruit diegene wat naby Allah is, sal drink

29Waarlik, die misdadigers was daaraan gewoond om die gelowiges uit te lag

30en wanneer hulle verby hulle gegaan het, het hulle vir mekaar geknipoog

31En wanneer hulle na hul volk teruggekeer het, het hulle verheug teruggekeer

32En wanneer hulle hul gesien het, het hulle gesê: Waarlik, hulle is verdwaal

33En hulle was nie gestuur as wakers oor hulle nie

34Daarom sal die gelowiges op dié Dag die ongelowiges uitlag

35Op verhewe rusbanke neergevly, aanskouende

36Voorwaar, die ongelowiges sal vergeld word vir wat hulle gedoen het

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath