82. Al-Infitaar
1Wanneer die hemele van mekaar gekloof
2en die sterre verstrooi sal word
3en wanneer die riviere leeg sal loop
4en die grafte geopen sal word
5sal elke siel weet wat deur hom vooruitgestuur, en wat deur hom agtergelaat is
6O mens! Wat het u van u Heer, die Barmhartige, verwyder
7Hy wat u geskape het en u daarna volkome gemaak het, en vir u ’n juiste verhouding gegee het
8In watter vorm ook al, soos dit Hom behaag, vorm Hy u
9Nee, maar julle ontken die Oordeel
10En daar is waarlik bewakers oor julle
11eerbare skrywers
12wat weet wat hulle doen
13Voorwaar, die deugsame word met vreugde omring
14en die goddelose deur die Hel
15Hulle sal daarin gaan op die Dag van Oordeel
16en sal nie afwesig kan wees nie
17En wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is
18Nogmaals, wat sal u laat begryp wat die Dag van Oordeel is
19Die Dag wanneer geen siel iets vir ’n ander sal kan bewerk nie. En die gebod op daardie Dag berus alleen by Allah
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath