Islam
terug

81. By-Takwir

1Wanneer die son opgevou

2en die sterre dof sal word

3wanneer die berge sal verdwyn

4en wanneer die dragtige kamele ver nalaat sal wees

5en die wilde diere versamel sal word

6en wanneer die riviere leeg sal loop

7en al die mense verenig sal word

8en wanneer die kind wat lewend begrawe is, sal vra

9vir watter misdaad sy doodgemaak is

10en wanneer die geskrifte versprei

11en wanneer die hemel blootgelê word

12en wanneer die Hel aangesteek

13en die Paradys nader gebring sal word

14dan sal elke siel weet wat dit voorberei het

15Ek roep tot getuie die planete wat terugwyk

16hulle koers volg en ondergaan

17en die nag wanneer dit heengaan

18en die daeraad wanneer dit aanbreek

19dit is sekerlik die woord van ’n edele Boodskapper

20die besitter van mag, en bevestig in die aanwesigheid van die Heer van die Troon

21een aan wie gehoorsaamheid toekom, die getroue

22en julle metgesel is nie kranksinnig nie

23En waarlik, hy het hom self op die uithoeke van die wêreld gesien

24En hy is nie suinig met kennis aangaande die Onsigbare nie

25Ook is dit nie die woord van ’n vervloekte duiwel nie

26Waarheen gaan julle dan

27Dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die nasies

28vir hom onder julle wat opreg wil wandel

29En julle sal nie wil nie, behalwe hulle vir wie Allah dit beskik; die Heer van die Wêrelde

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath