Islam
terug

80. Abasa

1Hy1 het gefrons en weggedraai

2omdat die blinde man na hom gekom het

3En wat sal u laat besef dat hy dit gedoen het, sodat hy homself kan reinig

4of dat hy aandagtig kan word, sodat die Vermaning hom kan baat

5Maar aan hom wat homself sonder sorge ag

6aan hom skenk u u aandag

7U is sonder blaam as hy hom nie wil laat louter nie

8Maar met hom wat hardstrewend na u kom

9en Allah vrees

10met hom is u onverskillig

11Nee, dit is waarlik ’n Vermaning

12Laat hom dan wat wil, dit in ag neem

13Dit is in eerbare geskrifte

14verhewe, gereinig

15in die hande van skrywers

16edel, deugsaam

17Wee die mens! Hoe ondankbaar is hy

18Van wat het Hy hom geskape

19Uit ’n nietige sperm. Hy skep hom en stel sy verhoudinge vas

20dan maak Hy sy weg vir hom gelyk

21en gee ook dat hy moet sterf, en wys vir hom ’n graf aan

22Daarna, wanneer Hy wil, sal Hy hom weer opwek

23Nee, maar hy doen nie wat Hy hom gebied nie

24Laat die mens dan sy voedsel beskou

25hoe Ons die water in oorvloed laat neerstort

26dan die aarde laat oopskeur

27en daarna die graan daaruit laat groei

28ook druiwe en groente

29en die olyfboom en die dadelpalm

30en digbeplante tuine

31en vrugte en weigras

32’n voorsiening vir julle en julle vee

33Maar as die oorverdowende geskreeu kom

34die Dag waarop ’n man van sy broer sal vlug

35en van sy moeder en sy vader

36en van sy vrou en sy kinders

37op dié Dag sal elke man ’n aangeleentheid hê wat hom alleen sal besig hou

38Op dié Dag sal sommige gesigte stralend wees

39laggend, vrolik

40En op dié Dag sal daar op sommige gesigte stof lê

41duisternis sal hulle bedek

42Hulle is die ongelowiges, die goddeloses. Wanneer Die Son Opgevou Sal Word

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath