Islam
terug

79. An-Naazi'aat

1By hulle wat met geweld uitruk

2En by diegene wat in vreugde voortgaan

3En by hulle wat vinnig hardloop

4En by diegene wat die voorsprong neem soos in ’n resies

5En by hulle wat aan die beheer staan

6Die Dag waarop die bewende aarde nog meer sal bewe

7wat daarna volg, sal moet gebeur

8Op dié Dag sal die harte klop

9en die oë sal neergeslaan wees

10Hulle1 sê: Sal ons werklik weer word soos ons was

11selfs al het ons verrotte beendere geword

12Hulle sê: Hierdie terugkeer sal ’n verlies wees

13Dit is slegs ’n enkele kreet

14En kyk! hulle sal ontwaak

15Het u nie die verhaal van Moses gehoor nie

16hoe sy Heer hom in die heilige dal van Toewaa twee maal geroep het nie

17Hoe Hy gesê het: Gaan na Farao, want hy is opstandig

18En sê: Sal u uself nie louter nie

19Ek sal u tot u Heer lei, sodat u Hom kan vrees

20Toe het Moses hom die groot teken gewys

21maar hy het dit verwerp, en was ongehoorsaam

22toe het hy haastig teruggegaan

23sy volk versamel en uitgeroep

24Toe het hy gesê: Ek is julle heer, die allerhoogste

25Daarop het Allah hom gestraf met ’n vergelding in hierdie lewe, sowel as in die Hiernamaals

26Waarlik, hierin is ’n les vir hom wat vrees

27Is julle moeiliker om te skep as die hemel? Hý het dit gemaak

28En Hy het die hoogte daarvan verhef, en dit volmaak gemaak

29En Hy het die nag daarvan donker gemaak, en die lig daarvan laat skyn

30En die aarde, Hy het dit daarna uitgewerp

31Daarvan het Hy sy water en sy weigras voortgebring

32En die berge het Hy onwrikbaar gemaak

33’n voorsiening vir julle en julle vee

34Maar as die Groot Rampspoed sal kom

35die Dag waarop die mens alles sal onthou waarvoor hy gestrewe het

36en die Hel sigbaar gemaak sal word vir hom wat sien

37dan, aangaande die opstandige

38wat die lewe van hierdie wêreld verkies

39Die Brandende Vuur sal sy tuiste wees

40Maar aangaande hom wat vrees om voor sy Heer te staan, en sy lae neigings bedwing

41Die Paradys sal sekerlik sy verblyf wees

42Hulle vra u omtrent die Uur: Wanneer sal dit kom

43Wat kan u daaromtrent verkondig

44Die koms daarvan berus by u Heer

45U is slegs ’n waarskuwer vir hom wat dit vrees

46Op die Dag wanneer hulle dit sal sien, sal dit wees asof hulle slegs ’n aand of ’n oggend vertoef het

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath