78. An-Naba
1Wat vra hulle vir mekaar
2Van die verskriklike aankondiging
3waaromtrent hulle verskil
4Nee, hulle sal weldra weet
5Nee, nogmaals, hulle sal weldra weet
6Het Ons nie die aarde wyd gemaak
7en die berge soos penne daarop geplaas nie
8En Ons het julle in pare geskape
9en aan julle die slaap vir rus geskenk
10en Ons het die nag soos ’n mantel gemaak
11en die dag om ’n lewensonderhoud in te soek
12Ons het sewe hemele bo-oor julle gestel
13en ’n skitterende lamp daartussen-in geplaas
14En Ons stuur stortreën in oorvloed uit die wolke neer
15waarmee Ons graan en plante laat uitspruit
16en weelderige tuine
17Voorwaar, die Dag van Afrekening is reeds bepaal
18die Dag waarop die basuin geblaas sal word, en julle as ’n skare bymekaar sal kom
19en die hemel geopen sal word soos deure
20en die berge verwyder sal word, en net ’n skynsel daarvan sal oorbly
21Voorwaar, die Hel wag soos ’n hinderlaag
22dis ’n oord vir die opstandiges
23waarin hulle baie lank sal vertoef
24Hulle sal daarin geen verkwikking hê nie, en geen drank sal oor hulle lippe gaan nie
25behalwe kokende water en die ekskresie van wondinflamasie nie
26’n Paslike vergelding
27Waarlik, hulle het die Afrekening nie gevrees nie
28en het Ons tekens as leuens verwerp
29Maar Ons het alles geboekstaaf
30Neem dit dan, want Ons sal niks daarby voeg nie as net straf
31Voorwaar, daar is ’n beloning vir die godvresendes
32Beskutte tuine en wingerde
33en jeugdige, geronde geselle, ewe oud
34en ’n gevulde beker
35Daarin sal geen ydele gesprek of leuen gehoor word nie
36’n beloning van u Heer, ’n toereikende gawe
37die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, die Barmhartige ~ niemand is in staat om Hom aan te spreek nie
38Die Dag waarop die gees van die mense, en die engele, in rye staan, sal niemand kan praat nie, behalwe diegene aan wie die Barmhartige dit sal gun, en wie se woorde geskik sal wees
39Daardie is die Ware Dag; laat hom, wat wil toevlug by sy Heer soek
40Voorwaar, Ons waarsku julle teen ’n straf wat op hande is ~ die Dag waarop die mens sal sien wat hy met sy hande voor- uitgestuur het, en die ongelowiges sal sê: O, was ek maar stof
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath