77. Al-Mursalaat
1By diegene wat uitgestuur word om goedheid te versprei
2Dan diegene wat die kaf verdryf
3En diegene wat goedheid wyd en syd versprei
4Dan diegene wat onderskeiding maak
5Dan diegene wat die Vermaning aanbied
6om tot verontskuldiging te bring en te waarsku
7Voorwaar, dít wat julle belowe word, sal geskied
8Dus, wanneer die sterre verduister word
9en wanneer die hemel oopgeskeur word
10en wanneer die berge soos stof weggewaai sal word
11en wanneer die boodskappers hulle vasgestelde tyd bereik
12tot watter Dag is die verdoemenis uitgestel
13Tot die Dag van Beslissing
14En wat weet u van die Dag van Beslissing
15Wee op dié Dag aan diegene wat verwerp
16Het Ons nie die vorige geslagte vernietig nie
17En Ons het hulle laat opvolg deur ander van ’n later tyd
18So handel Ons met die misdadigers
19Wee op dié Dag diegene wat verwerp
20Het Ons julle nie uit gewone water geskape nie
21Daarna het Ons dit in ’n veilige rusplek geplaas
22vir ’n bepaalde tyd
23Só het Ons bepaal. Hoe voortreflik is Ons bepalings
24Wee op dié Dag diegene wat verwerp
25Het Ons nie die aarde gemaak om aan vas te kleef
26vir die lewende en die dooie nie
27En het Ons nie hoë berge daarin geplaas en julle soet water gegee om te drink nie
28Wee op dié Dag diegene wat verwerp
29Gaan na dít wat julle ontken het
30Begeef julle tot die skadu van drie kolomme
31wat nie koelte verskaf nie, en ook nie teen die Vlam sal baat nie
32Dit gooi vonke op so groot soos kastele
33asof hulle geel kamele was
34Wee op dié Dag diegene wat verwerp
35Dit is die Dag waarop hulle nie sal praat nie
36nóg sal hulle toegelaat word om verontskuldigings aan te bied
37Wee op dié Dag diegene wat verwerp
38Dit is Dag van Beslissing; Ons het julle en diegene van ouds byeen gebring
39Indien julle nou enige plan het, beraam dan ’n plan teen My
40Wee op dié Dag diegene wat verwerp
41Die godvresendes sal te midde van skaduwees en fonteine woon
42en vrugte, net wat hulle begeer
43Daar sal gesê word: Eet en drink met smaak vir wat julle gedoen het
44So beloon Ons die weldoeners
45Wee op dié Dag diegene wa verwerp
46Eet en vermaak julle vir ’n kortstondige tyd; voorwaar, julle is die misdadigers
47Wee op dié Dag diegene wat verwerp
48En as aan hulle gesê word: Buig vooroor! Dan buig hulle nie vooroor nie
49Wee op dié Dag diegene wat verwerp
50In watter verhaal ná dit sal hulle dan glo
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath