76. Al-Insaan
1Voorwaar, daar was ’n tydperk gewees toe die mens geen vermeldenswaardige voorwerp was nie
2Ons het die mens sekerlik uit water, gemeng met die vroulike eiersel, geskape om hom op die proef te stel; en Ons het vir hom ore en oë gemaak
3Ons het hom waarlik die weg getoon; hy mag dankbaar of ondankbaar wees
4Voorwaar, Ons het vir die ongelowiges kettings en yster- halsbande en ’n Brandende Vuur voorberei
5Maar die deugsame drink uit ’n beker ’n drank gemeng met water vanuit ’n fontein uit die Hemel, genoem Kaafoer
6’n bron waarvan die dienaars van Allah drink en wat oorvloedig uitvloei
7Hulle vervul die gelofte, en vrees ’n Dag waarvan die gruwel verreikend is
8En hulle gee voedsel, uit liefde vir Hom, aan die armes, die weeskinders en die oorlogsgevangenes
9En hulle sê: Ons voed julle slegs ter wille van Allah. Ons verlang nóg beloning nóg dank van julle
10Gewis, ons vrees van ons Heer ’n moeilike en ellendige Dag
11Daarom sal Allah die kwaad op daardie Dag van hulle afweer en sal gee dat prag en geluk hulle tegemoetkom
12en vir hulle standvastigheid sal Hy hulle beloon met ’n Tuin en klere van sy
13op verhewe sofa’s sal hulle hul daarin neervly, en hulle sal nie die skroeiende hitte van die son, of bitter koue voel nie
14en die skaduwees van bome sal dig oor hulle wees, en trosse vrugte sal maklik bereikbaar gemaak word
15En onder hulle sal rondgestuur word kruike van silwer en bekers van glas
16kristalhelder, uit silwer gemaak, en die maat daarvan word vir hulle afgemeet volgens hulle verdienste
17En daarin sal aan hulle gegee word ’n drank gemeng met gemmer
18van ’n bron genoem: Salsabiel
19En jong seuns wat nie verouder nie, sal onder hulle rondgaan om hulle te bedien; wanneer u hulle sien, sal u dink dat hulle ver- strooide pêrels is
20En wanneer u daarna kyk, sal u seëninge en ’n groot koninkryk aanskou
21Hulle sal klere van fyn groen sy en swaar brokaat dra, en hulle sal versier word met silwer armbande, en hulle Heer sal hulle ’n suiwer drank laat drink
22En aan hulle sal gesê word: Voorwaar, dít is ’n beloning vir julle, en julle strewe word beloon
23Voorwaar, Ons het die Qur’ãn aan u by gedeeltes geopenbaar
24Wag dan geduldig op die gebod van u Heer, en gehoorsaam geen sondaar of ondankbare skepsel onder hulle nie
25En dink aan die Naam van u Heer soggens en saans
26en aanbid Hom gedurende ’n deel van die nag, en verheerlik Hom gedurende ’n groot deel van die nag
27Waarlik, hierdie ongelowiges hou van die verbygaande lewe, en is agteloos omtrent ’n griewende Dag wat vóór hulle is
28Ons het hulle geskape en hulle liggame stewig gemaak, en as Ons wil, kan Ons hulle deur gelyksoortige skepsels vervang
29Voorwaar, dit is ’n vermaning; wie dan wil, laat hom ’n weg tot sy Heer baan
30En julle sal niks anders wil nie, behalwe wat Allah wil! Voor- waar, Allah is Alleswetend, Allerwys
31Hy laat tot Sy barmhartigheid ingaan wie Hy wil; en vir die kwaaddoeners het Hy ’n smartlike straf voorberei
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath