Islam
terug

75. Al-Qiyaama

1Ek sweer by die Dag van Herrysenis

2Ek sweer by die siel wat homself beskuldig

3Dink die mens dat Ons nie sy beendere bymekaar sal versamel nie

4Ja, seker! Ons het die Mag om hom geheel en al te herstel

5Nee! Die mens begeer altyd om homself skade aan te doen

6Hy vra: Wanneer is die Dag van Herrysenis

7Maar as die oog verblind word

8en die maan verduister sal wees

9en die son en die maan bymekaargebring sal word

10op dié Dag sal die mens sê: Waarheen moet ons vlug

11Nee! Daar is geen skuiling nie

12Slegs by u Heer sal daar op daardie Dag ’n rusplek wees

13Die mens sal op dié Dag ingelig word oor wat hy vooruitgestuur of agtergelaat het

14Nee, die mens is getuie teen homself

15hoewel hy verontskuldiging sal aanbied

16O Moegammad, beweeg nie u tong daartoe om haastige woorde te sê nie

17Voorwaar, die versameling en verkondiging daarvan rus op Ons

18Daarom, wanneer Ons dit voordra, volg dan die voordrag

19Daarna rus die verklaring daarvan op Ons

20Nee, maar julle het die teenswoordige lewe lief

21en julle gee die Hiernamaals prys

22Op dié Dag sal sommige gesigte helder wees

23en opsien na hulle Heer

24En ander se gesigte sal op dié Dag somber wees

25wetende dat ’n vreeslike ramp spoedig oor hulle sal kom

26Nee! As die siel van die sterwende tot die keel sal opstyg

27en daar gesê word: Wie sal saam daarmee opstyg

28en hy besef dat dit waarlik die skeiding is

29en kwelling by kwelling gevoeg word

30tot u Heer is die versameling op daardie Dag

31Want die mens het die Waarheid nie aangeneem nie, nóg het hy gebid

32dog hy het die profeet verloën en homself afgewend

33daarna het hy trots na sy volk teruggekeer

34Wee u! Wee dus oor u

35Nogmaals, wee u, en nog eens wee

36Dink die mens dat hy doelloos gelaat sal word

37Was hy nie ’n klein sperm, in water uitgestort nie

38Daarna was hy ’n bloedstolsel, en daarna het Hy hom gevorm en vervolmaak

39Toe het Hy van die embrio twee soorte gemaak: die manlike en vroulike geslag

40Is Hy dan nie by magte om die dooie te laat herlewe nie

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath