74. Al-Muddaththir
1O, u wat omgehul is
2Staan op en waarsku
3en verkondig die Grootheid van u Heer
4en reinig u kledingstukke
5en vermy die onreinheid
6en bewys geen guns waarmee u winste soek nie
7en wees geduldig ter wille van Allah
8Want as die basuin geblaas word
9sal die Dag ’n moeilike dag wees
10glad nie aangenaam vir die ongelowiges nie
11Laat My alleen met hom wat Ek geskape het
12en Ek het hom oorvloedige rykdom gegee
13en seuns wat in sy aanwesigheid is
14en vir hom sy saak vergemaklik
15en tog verlang hy dat Ek hom nog meer moet gee
16Geensins! Hy was waarlik vyandiggesind teen Ons tekens
17Ek sal hom ’n swaar straf oplê
18Sekerlik het hy nagedink en beslis
19maar mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit
20Nogmaals, mag hy vernietig word volgens die aard van sy besluit
21Toe het hy gekyk
22toe gefrons en suur gelyk
23daarna het hy omgedraai en in hoogmoed verkeer
24en toe gesê: Dit is niks anders as towery soos van ouds nie
25Dit is niks anders as die woord van ’n sterfling nie
26Ek sal hom in die Hel indompel
27En hoe sal u besef wat die Hel is
28Dit ontsien niks nie, nóg laat dit iets gespaar bly
29dit verskroei die sterfling
30Negentien engele waak daaroor
31En niemand buiten engele het Ons as wagters van die Vuur aangestel nie. En Ons het hulle getal vir geen ander rede vas- gestel nie, as ’n beproewing vir die ongelowiges, sodat hulle aan wie die Boek gegee is, seker kan wees, en dat die gelowiges in geloof mag toeneem, en sodat diegene aan wie die boek gegee is, en die gelowiges, nie mag twyfel nie; en sodat diegene in wie se harte ’n siekte is, en die ongelowiges, mag sê: Wat bedoel Allah met hierdie gelykenis? So laat Allah dwaal wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En niemand ken die leërskare van u Heer nie, behalwe Hy Self. En dít is niks anders as ’n Vermaning vir die mensdom nie
32Nee, by die maan
33En die nag as dit heengaan
34En die daeraad wanneer dit aanbreek
35Voorwaar, dit is slegs een van die grootste tydings
36’n waarskuwing vir die mensdom
37vir diegene onder julle wat vooruit wil strewe, of agteruit wil deins
38Elke siel word in pand gehou volgens sy vedienste
39behalwe dié van die volk aan die regterhand
40In Tuine sal hulle wees, en mekaar uitvra
41aangaande misdadigers
42Wat het julle in die Hel gebring
43Hulle sal antwoord: Ons was nie bidders nie
44ook het ons die armes nie gevoed nie
45en ons het ydele gesprekke gevoer saam met diegene wat ydele gesprekke voer
46en ons het die Oordeelsdag verloën
47totdat die onvermydelike ons ingehaal het
48Daarom sal die tussenkoms van bemiddelaars hulle nie baat nie
49Wat makeer hulle dan, dat hulle van die Vermaning wegdraai
50asof hulle verskrikte esels is
51wat voor ’n leeu uitvlug
52Nee, elkeen van hulle begeer dat oopgeslane bladsye aan hom gewys moet word
53Geensins! Maar hulle vrees nie die Hiernamaals nie
54Nee, waarlik, dit is ’n Vermaning
55wie wil, sal dit oordink
56Maar hulle sal nie indagtig wees nie, tensy Allah dit so wil. Hy is Waardig dat die plig teenoor Hom nagekom sal word, en Waardig om te vergewe
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath