Islam
terug

73. Al-Muzzammil

1O, u wat toegewikkel is

2Staan op om te bid gedurende ’n gedeelte van die nag

3die helfte daarvan, of minder as dit nog

4of maak dit ietwat langer, en resiteer die Qur’ãn op ’n stadige, afgemete styl

5Waarlik, Ons sal u ’n gewigtige woord oplê

6Voorwaar, om in die nag op te staan is om die fermste weg in te slaan, en dit gee aan die Woord kragtige uitwerking

7U het inderdaad bedags baie bedrywighede

8Dink daarom aan die naam van u Heer en gee uself oor aan Hom met volle toewyding

9Die Heer van die Ooste en die Weste ~ daar is geen God buiten Hom nie ~ neem Hom daarom aan as u Beskermer

10En verdra met geduld alles wat hulle sê, en versaak hulle op ’n fatsoenlike wyse

11En laat My alleen met die loënaars, die eienaars van rykdom, en gee hulle uitstel vir ’n rukkie

12Voorwaar, by Ons is swaar boeie en ’n Vlammende Vuur

13en voedsel wat verstik, en ’n smartlike straf

14Die Dag wanneer die aarde en die berge sal bewe, en die berge soos hope sand sal word

15Waarlik, Ons het ’n Boodskapper na julle gestuur, ’n getuienis teen julle, soos Ons ’n boodskapper na Farao gestuur het

16Maar Farao het die boodskapper nie gehoorsaam nie; daarom het Ons hom met ’n verskriklike greep vasgevat

17Hoe dan, indien julle nie glo nie, sal julle jul verdedig op die Dag wanneer die kinders van vrees grys hare sal kry

18Wanneer die hemel uiteen sal bars. Sy belofte sal vervul word

19Dit is waarlik ’n vermaning; laat hom dan wat wil, die weg na sy Heer inslaan

20U Heer weet inderdaad dat u byna twee-derdes van die nag met gebed deurbring, en soms die helfte daarvan, en soms ’n derde daarvan, en so ook ’n groep wat saam met u is. En Allah bepaal die maat van die nag en die dag. En Hy weet dat julle almal nie in staat is om dit vol te hou nie, en daarom het Hy Hom in barmhartigheid tot julle gewend; lees dan van die Qur’ãn wat vir julle maklik is. Hy weet dat daar siekes onder julle is, en van ander wat deur die land reis op soek na die genade van Allah, en ander wat op die weg van Allah veg. Lees dan soveel daarvan as wat maklik is vir julle, en onderhou die gebed, en betaal die Zakaat en sluit met Allah ’n goeie lening. En watter goed julle ook al vooruitstuur, sal julle by Allah vind ~ dit is die beste en die grootste beloning. En vra Allah om vergifnis. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadig

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath