Islam
terug

72. Al-Jinn

1Sê: Dit is aan my geopenbaar dat ’n groep van die djien geluister en gesê het: Waarlik, ons het ’n wonderlike Qur’ãn gehoor

2wat tot die regte weg lei; daarom glo ons daarin. En ons sal stellig niemand met ons Heer vereenselwig nie

3En Hy ~ verhewe is die Majesteit van ons Heer ~ het nóg eggenote nóg seun

4en die dwase onder ons het oordrewe leuens teen Allah versin

5dog ons het gemeen dat mens en djien nooit ’n leuen oor Allah sou uiter nie

6En sommige onder die mense het toevlug geneem by sommige van die djien, maar dié het hulle net verder in die sonde laat toeneem

7en hulle het gedink, soos julle dink, dat Allah nooit ’n boodskapper sou opwek nie

8en ons het probeer om die hemel te bereik, maar ons het dit vol sterk wagters en vlamme gevind

9en ons was daaraan gewoond om op plekke te sit en gesprekke af te luister. Maar wie nou luister, vind ’n vlam wat op hom wag

10en ons weet nie of ’n ramp vir die inwoners van die aarde bedoel word en of hulle Heer voornemens is om hulle reg te lei nie

11en onder ons is diegene wat goeddoen, en onder ons is diegene wat anders is, en ons volg verskillende weë

12en ons besef dat ons nie van Allah op die aarde kan ontsnap nie, nóg kan ons Hom ~ deur te vlug ~ ontsnap

13en toe ons die leiding gehoor het, het ons daarin geglo. Wie dan in sy Heer glo, het geen vrees vir verlies of onreg nie

14en daar is sommige onder ons wat hulself onderwerp, en som- mige onder ons het van die regte weg afgewyk. En wie homself onderwerp, het die regte weg opgesoek

15En hulle wat van die regte weg afwyk, sal die brandstof van die Hel wees

16Indien hulle op die regte weg bly, sal Ons hulle sekerlik drink- water in oorvloed gee

17om hulle daarmee op die proef te stel. En wie homself van die oordenkinge van sy Heer weerhou, Hy sal hom ’n kwellende straf laat binnegaan

18en die moskees behoort aan Allah; roep daarom niemand buiten Allah aan nie

19en toe die dienaar1 van Allah opgestaan het om Hom te aanbid, het hulle hom byna doodgedruk

20Sê: Ek roep my Heer alleen aan, en vereenselwig niemand met Hom nie

21Sê: Ek beheer nóg kwaad nóg goed vir julle

22Sê: Niemand kan my teen Allah beskerm nie, nóg kan ek ’n toevlugsoord buiten Hom vind

23dit is slegs my plig om die verkondiging van Allah en Sy tekens oor te dra. En vir diegene wat Allah en Sy Boodskapper nie gehoorsaam nie, is daar die Vuur van die Hel, waarin hulle ’n lang tyd sal vertoef

24tot wanneer hulle die straf sien waarmee hulle gedreig is, dan sal hulle weet wie se helpers die swakste, die geringste in getal is

25Sê: Ek weet nie of dít waarmee julle bedreig word, naby is en of my Heer dit vir ’n lang tyd sal uitstel nie

26Hy is die Kenner van die Onsigbare, en Hy gee niemand oorvloedig kennis van Sy geheime nie

27behalwe vir hom wat Hy as boodskapper kies. Dan stuur Hy sekerlik ’n wag voor hom en agter hom

28sodat Hy kan weet dat hulle die tekens van hulle Heer waarlik afgelewer het; en Hy omvat alles wat met hulle gebeur, en Hy hou rekening van alle dinge

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath