71. Nee
1Sekerlik het Ons Noag na sy volk gestuur en gesê: Waarsku u volk voordat ’n smartlike straf oor hulle kom
2Hy het gesê: O my volk! Ek is ’n duidelike waarskuwer vir julle
3aanbid daarom Allah, en kom julle plig teenoor Hom na, en gehoorsaam my
4Hy sal julle sonde vergewe en julle uitstel verleen vir ’n vas- gestelde tydperk. Die tydperk van Allah kan nie verleng word wanneer dit verby is nie ~ as julle dit maar besef
5Hy het gesê: My Heer! Ek het my volk nag en dag geroep
6maar my geroep het slegs hul afkeer laat toeneem
7En telkens wanneer ek hulle roep, sodat U hulle kan vergewe, steek hulle hul vingers in die ore en maak hulself met hul klere toe, volhard in ongeloof, en handel uitermate boos
8Ek het luid tot hulle geroep
9en in die openbaar én privaat met hulle gepraat
10en ek het gesê: Vra julle Heer om vergifnis, want Hy is die Vergewensgesinde
11Hy sal vir julle reën in oorvloed afstuur
12en Hy sal julle rykdom en kinders vermeerder, en Hy sal vir julle Tuine en riviere skenk
13Wat makeer dan, dat julle Allah nie vereer nie
14En Hy het julle deur verskillende stadiums heen geskape
15Sien julle dan nie hoe eenders Allah die sewe hemele geskape het nie
16en die maan daarin as ’n lig geplaas en die son vir ’n stralende lamp gemaak het nie
17En Allah het dit bestem dat julle soos gewasse uit die aarde moes groei
18en Hy laat julle daarheen terugkeer, en Hy sal julle weer nuut voortbring
19En Allah het die aarde vir julle wyd uitgesprei
20sodat julle die breë weë daarvan mag deurkruis
21Noag het gesê: My Heer! Waarlik, hulle gehoorsaam my nie, en volg iemand wie se rykdom en kinders slegs tot sy ondergang bydra
22En hulle het ’n verskriklike plan beraam
23En hulle sê: Verlaat julle gode nie; en verlaat nóg Wadd, nóg Soewã, nóg Jagoes en Ja-oek en Nasr
24En hulle het baie verlei. So laat U die kwaaddoeners in dwaling toeneem
25Vanweë hulle sonde het hulle verdrink, en daarna het hulle die Vuur binnegegaan, sodat hulle geen helpers teen Allah gevind het nie
26En Noag het gesê: My Heer! Laat geen ongelowige in die land oorbly nie
27want as U hulle laat oorbly, sal hulle U dienaars op ’n dwaal- spoor lei, en hulle sal niks anders as ’n onsedelike en ondankbare nageslag voortbring nie
28My Heer! Vergewe my, en my ouers, en hom wat gelowig my huis binnetree, en die gelowige mans en die gelowige vroue. En laat die kwaaddoeners slegs in verderf toeneem
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath