69. Al-Haaqqa
1Die volle Werklikheid
2Wat is die volle Werklikheid
3En wat sal u laat besef wat die volle Werklikheid is
4Thamoed en Aad het die ramp verloën
5Wat Thamoed betref, hulle is deur ’n oorweldigende kreet vernietig
6En aangaande Aad, hulle is deur ’n felle, geweldige wind vernie- tig
7wat Hy sewe nagte en agt dae aaneen oor hulle laat woed het, sodat u sou kon sien hoe die mense daardeur omvergegooi is, asof hulle uitgeholde palmboomstamme was
8Kan u dan enige oorblyfsel van hulle sien
9Ook Farao, en diegene wat vóór hom was, en die verwoeste stede, het groot sonde gepleeg
10En hulle was die boodskapper van hulle Heer ongehoorsaam, daarom het Hy hulle met ’n streng kastyding gestraf
11Voorwaar, toe die water hoog gestyg het, het Ons julle in die ark vervoer
12sodat Ons dit as ’n herinnering vir julle kon instel, en dat die oor wat kan onthou dit nooit vergeet nie
13Wanneer die basuin dan met ’n enkele kreet geblaas sal word
14en die aarde en die berge weggevoer sal word en met ’n enkele ineenstorting verbrysel sal word
15op daardie Dag sal die groot gebeurtenis plaasvind
16en die hemel sal uiteenbars; daardie Dag sal dit swak wees
17en die engele sal op die sye daarvan staan. En bo hulle sal ’n agttal daardie Dag die Troon van Mag van u Heer omhoog- hou
18Op daardie Dag sal julle blootgelê word, en geen geheim van julle sal verborge bly nie
19Hy wat sy boek in die regterhand sal ontvang, sal sê: Kom, lees my boek
20Voorwaar, ek het geweet dat ek my rekening tegemoet sou kom
21Hy sal dan ’n salige lewe lei
22in ’n verhewe Tuin
23waarvan die vrugte maklik bereikbaar sal wees
24Eet en drink smaaklik weens dít wat julle in vroeër dae vooruitgestuur het
25Maar hy wat sy boek in die linkerhand sal kry, sal sê: O, ek wens dat my boek nie aan my gegee was nie
26En het ek maar liewers nie geweet wat my oordeel is nie
27O, ek wens dat die dood maar liewers ’n einde aan my gemaak het
28My rykdom het my nie gebaat nie
29my mag is van my weggeneem
30Gryp hom en boei hom
31en gooi hom dan in die Brandende Vuur
32en bind hom dan vas met ’n ketting waarvan die lengte sewentig elmbooglengtes is
33Waarlik, hy het nie in Allah, die Grote, geglo nie
34nóg het hy mense aangespoor om die armes te voed
35Daarom het hy Vandag geen vriend hier nie
36en ook geen voedsel, behalwe verrotte kos
37wat niemand behalwe die sondaars sal eet nie
38Maar nee! Ek sweer by wat julle sien
39en dit wat julle nie sien nie
40Voorwaar, dit is ’n woord van ’n geëerde Boodskapper
41en dit is nie die woord van ’n digter nie. Min is dit wat julle glo
42Nóg is dit die woord van ’n waarsêer. Hoe weinig onthou julle
43Dit is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde
44En indien hy1 enige woorde teen Ons vervals het
45sou Ons hom sekerlik by die regterhand gegryp het
46en dan sy lewensaar afgesny het
47en nie een van julle sou Ons van hom kon teruggehou het nie
48En waarlik, dit is ’n Vermaning vir die godvresendes
49En sekerlik weet Ons dat daar leuenaars onder julle is
50En dit is inderdaad ’n bron van vrees vir die ongelowiges
51En voorwaar, dit is die naakte Waarheid
52Verheerlik daarom die naam van u Heer, die Allerhoogste
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath