Islam
terug

68. Al-Qalam

1Noen.1 By die inkpot en die pen en dít wat hulle skryf

2By die genade van u Here, u is nie kransinnig nie

3En sekerlik is daar vir u ’n beloning wat nie weggeneem sal word nie

4En u sedes is sekerlik op die hoogste peil

5Daarom sal u sien, en hulle sal ook sien

6wie van julle besete is

7Sekerlik, u Here weet goed wie van Sy weg afdwaal, en Hy weet wie op die regte weg wandel

8Gehoorsaam daarom nie die leuenaars nie

9Hulle begeer dat u inskiklik moet wees, dan sal hulle ook inskiklik wees

10En gee nie gehoor aan ’n eedsweerder

11’n lasteraar wat beledigend ronddrentel

12wat goeddoen verhinder, die perke oorskry en sondig is

13wat arrogant en bowendien ’n berugte misdadiger is

14net omdat hy rykdom en kinders besit nie

15Wanneer Ons tekens aan hom voorgedra word, sê hy: Stories van die oervolke

16Ons sal hom op die neus brandmerk

17Voorwaar, Ons sal hulle op die proef stel soos Ons die eienaars van die tuin beproef het toe hulle gesweer het dat hulle die vrugte daarvan in die vroeë môre sou afpluk

18en nie ’n aandeel aan die armes sou afstaan nie

19Maar ’n besoeking van u Heer het tot hulle gekom, terwyl hulle geslaap het

20Daarom het dit soos ’n swart, dorre land geword

21toe het hulle in die môre na mekaar geroep

22en gesê: Gaan vroeg na julle landerye indien julle die vrugte wil pluk

23Daarom het hulle gegaan, terwyl hulle saggies met mekaar gefluister het

24Laat geen arm persoon dit vandag saam met julle binnegaan nie

25en in die môre het hulle gegaan terwyl hulle gedink het dat hulle mag het om te belet

26Maar toe hulle dit gesien het, het hulle gesê: Voorwaar, ons ver- keer in dwaling

27Nee, ons is ontsê

28Die beste onder hulle het gesê: Het ek nie vir julle gesê: Waarom loof julle Allah nie

29Hulle het toe gesê: Glorie aan U, ons Heer! Gewis, ons was onregverdig

30Toe het sommige van hulle teen ander opgetree en mekaar be- skuldig

31Hulle het gesê: Wee ons! ons was inderdaad oortreders

32Dit mag wees dat Ons Heer ons iets beter as hierdie sal gee ~ ons bekeer ons sekerlik tot ons Heer

33So is die straf dan. En die straf van die Hiernamaals is sekerlik groter; as hulle dit maar geweet het

34Vir die godvresendes is daar sekerlik Verruklike Tuine by hulle Heer

35Sal Ons dan diegene wat hulle onderwerp, soos die misdadigers behandel

36Wat maker julle? Hoe oordeel julle

37Of het julle ’n boek waarin julle lees

38dat julle inderdaad sal hê wat julle verkies

39Of het julle enige beëdigde ooreenkoms met Ons wat tot die Dag van Herrysenis sal voortduur, dat julle alles sal kry wat julle verlang

40Vra vir hulle wie van hulle daarvoor sal borgstaan

41Of het hulle afgode? Laat hulle dan hul deelgenote na vore bring, indien hulle opreg is

42Op die Dag wanneer daar ’n strawwe kwelling sal wees, en hulle opgeroep sal word om te prostreer, dan sal hulle dit nie kán doen nie

43Hulle oë sal neergeslaan wees, en vernedering sal hulle oorval. En hulle is inderdaad opgeroep om te prostreer terwyl hulle nog veilig was

44Laat My dus alleen met diegene wat hierdie aankondiging ver- loën. Ons sal hulle trapsgewys inhaal van waar hulle dit nie verwag nie

45En Ek verleen aan hulle uitstel; waarlik, My plan is bestendig

46Of vra u van hulle ’n beloning, sodat hulle onder skuld gebuk kan gaan

47Of het hulle kennis van die Onsigbare, sodat hulle dit kan opskryf

48Wag dan geduldig op die gebod van u Heer, en wees nie soos die Metgesel van die vis toe hy in ellende verkeer het nie

49As ’n guns van sy Heer hom nie bereik het nie, sou hy sekerlik op ’n dorre kus neergewerp gewees het terwyl hy blaam gedra het

50Maar sy Heer het hom uitverkies, en Hy het hom tot een van die opregtes gemaak

51En die ongelowiges sou u byna met hulle oë wou tref wanneer hulle die Vemaning hoor, en hulle sê: Hy is sekerlik kranksinnig

52En dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die nasies

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath