Islam
terug

66. At-Tahrim

1O Profeet! Ontsê u uself dít wat Allah vir u gewettig het? Soek u die behae van u eggenote? En Allah is Vergewensgesind, Genadig

2Allah het inderdaad die versoening van julle eedstellings vir julle goedgekeur; en Allah is julle Beskermheer en hy is die Alleswetende, die Allerwyse

3En toe die Profeet ’n geheim aan een van sy eggenote toevertrou het, en sy dit daarna verklap het, het Allah hom dit meegedeel. Hy het ’n deel daarvan bekend gemaak en ’n deel daarvan verswyg. Toe hy haar dit vertel, het sy gesê: Wie het u dit te kenne gegee? Hy het geantwoord: die Alleswetende, die Allerbewuste, het my berig daarvan gegee

4Indien julle vroue jul albei tot Allah wend, dan is julle reeds hiertoe geneig; maar as julle mekaar teen die Profeet rugsteun, dan is Allah sekerlik sy Beskermheer, asook Gabriël, en die opregtes onder die gelowiges, en ook die engele sal helpers wees

5Dit is moontlik, indien hy van julle skei, dat Sy Heer hom beter vroue as julle sal gee, vroue wat onderdanig, gelowig, gehoor- saam, berouvol, godvresend, gewoond aan die vas, weduwees, en maagde sal wees

6O julle gelowiges! Red julself en julle gesinne van die Vuur waarvan die brandstof mense en stene is, waaroor engele waak, hard en streng. Hulle is Allah nie ongehoorsaam in wat Hy hulle beveel nie, maar hulle voer uit wat hulle beveel word

7O julle ongelowiges! Bied geen veronstskuldiginge aan op daar- die Dag nie. Julle sal slegs vergeld word vir wat julle gedoen het

8O julle gelowiges! Wend julle tot Allah met opregte berou. Dit mag wees dat Allah julle foute van julle sal verwyder en julle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, op die Dag waarop Allah die Profeet asook die gelowiges met hom nie sal verneder nie. Hulle lig sal voor hulle en van hulle regterkant uitstraal. Hulle sal sê: Ons Heer! Vervolmaak ons lig vir ons, en verleen ons beskerming; waarlik, U het mag oor alle dinge

9O Profeet! Stry teen die ongelowiges en die huigelaars, en wees streng teen hulle; hulle tuiste is die Hel; en dít is ’n bose bestemming

10Allah hou ’n gelykenis voor aan diegene wat nie glo nie ~ die vrou van Noag en die vrou van Lot. Hulle was albei saam met twee van Ons opregte dienaars, maar hulle was hulle ontrou, daarom het hulle eggenote hulle niks teen Allah gebaat nie, en daar is gesê: Gaan die Vuur binne saam met diegene wat daar ingaan

11En Allah hou ’n gelykenis voor aan diegene wat glo ~ die vrou van Farao, toe sy gesê het: My Heer! Bou vir my ’n huis by U in die Paradys, en verlos my van Farao en sy werk, en verlos my van die onregverdige volk

12En Maria, die dogter van Amran, wat haar kuisheid bewaar het, toe het Ons hom1 Ons inspirasie ingeblaas, en sy het die waarheid van die woorde van haar Heer en Sy boeke aangeneem, en sy was een van die gehoorsames

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath