Islam
terug

63. Al-Munaafiqoon

1Wanneer die huigelaars na u kom, sê hulle: Ons getuig dat u inderdaad Allah se Boodskapper is. En Allah weet dat u inder daad Sy Boodskapper is. En Allah getuig dat die huigelaars inderdaad leuenaars is

2Hulle skuil agter hulle eedstellings om sodoende die mense van die weg van Allah af te lei. Wat hulle doen, is sekerlik boos

3Dit is omdat hulle eers geglo en daarna ongelowiges geword het; derhalwe is hulle harte verseël en verstaan hulle nie

4En wanneer u hulle sien, behaag hulle uiterlike u; en as hulle praat, luister u na hulle gesprek. Hulle is soos stukke hout wat geklee is. Hulle dink dat iedere gerug teen hulle gemik is. Hulle is die vyand; wees daarom op u hoede vir hulle. Mag Allah hulle vernietig! Hoe traag is hulle nie

5En wanneer daar aan hulle gesê word: Kom, die Boodskapper van Allah sal om vergifnis vir julle vra; dan draai hulle hul hoofde weg, en u merk dat hulle ook ander verhinder, en hulle is uitermate arrogant

6Dit is vir hulle om’t ewe of u om vergifnis vir hulle vra en of u nie om vergifnis vir hulle vra nie ~ Allah sal hulle waarlik nie vergewe nie. Voorwaar, Allah lei nie die opstandige volk nie

7Dit is húlle wat sê: Bestee niks aan diegene wat saam met die Boodskapper van Allah is nie, sodat hulle uitmekaar kan gaan. En aan Allah behoort die skatte van die hemele en die aarde, maar die huigelaars verstaan dit nie

8Hulle sê: As ons na Medina terugkeer, sal die sterke die swakke daarvandaan uitdryf; maar mag behoort aan Allah en Sy Boodskapper en die gelowiges, maar die huigelaars weet dit nie

9O julle gelowiges! Moenie laat julle rykdom en julle kinders julle weerhou daarvan om aan Allah te dink nie; en wie dit doen, hulle is die verloorders

10En bestee van dít waarmee Ons julle voorsien het, voordat die dood een van julle oorval en hy sê: My Heer, waarom het U my nie ’n wyle uitstel verleen nie, sodat ek offergawes kon gegee het en een van die weldoeners kon gewees het nie

11Maar Allah verleen aan niemand uitstel wanneer sy tyd tot ’n einde gekom het nie. En Allah is Bewus van wat julle doen

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath