Islam
terug

62. Al-Jumu'a

1Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, verheerlik Allah, die Koning, die Heilige, die Allermagtige, die Allerwyse

2Dit is Hy wat vir die ongeletterdes ’n Boodskapper verwek het, wat Sy tekens aan hulle voordra en hulle louter en hulle in die Boek en die Wysheid onderwys, ofskoon hulle voorheen in openlike dwaling verkeer het

3en so ook ander onder hulle wat nog nie by hulle aangesluit het nie. En Hy is die Allermagtige, die Allerwyse

4Dít is Allah se goedertierenheid; Hy skenk dit aan wie Hy wil. En Allah is die Heer van magtige goedertierenheid

5Diegene wat met die Tora belas was, en dit nie nagelewe het nie, is soos ’n esel wat boeke dra. Boos is die volk wat die bood- skappers van Allah verwerp. En Allah lei nie die onregverdige volk nie

6Sê: O julle Jode! As julle dink dat julle, met uitsluiting van ander mense, die gunstelinge van Allah is, begeer dan die dood as julle die waarheid spreek

7Maar hulle sal dit nooit begeer nie, vanweë dít wat hulle hande vooruitgestuur het. En Allah ken die kwaaddoeners goed

8Sê: Die dood waarvoor julle probeer vlug, sal julle sekerlik inhaal; dan sal julle tot die Kenner van die Onsigbare en Sigbare teruggestuur word, en Hy sal julle inlig oor julle dade

9O julle gelowiges! Wanneer julle tot die Vrydaggebed opge- roep word, gee dan gehoor, en oordink Allah, en verlaat julle sakebedrywe. Dit is vir julle beter indien julle dit weet

10Maar wanneer die gebed geëindig het, versprei dan deur die land en soek na Allah se oorvloed, en dink baie aan Allah sodat julle suksesvol mag wees

11Maar as hulle koopware of enige vermaaklikheid sien, gaan hulle haastig daarheen, en laat u staan. Sê: Wat by Allah is, is verkiesliker as vermaaklikheid en handel, en Allah is die Beste Voorsiener

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath