61. As-Saff
1Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, dit verheerlik Allah; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse
2O julle gelowiges! Waarom sê julle wat julle nie doen nie
3Dit is afkeurenswaardig in die oë van Allah dat julle dít moet sê wat julle nie doen nie
4Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg, asof hulle ’n hegte muur vorm
5En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Waarom belaster julle my terwyl julle weet dat ek Allah se boodskapper na julle is? Maar toe hulle afgedwaal het, het Allah hulle harte vehard. En Allah lei nie ’n opstandige volk nie
6En toe Jesus, die seun van Maria, gesê het: O Kinders van Israel! Ek is Allah se boodskapper na julle, en ek bevestig dít wat vóór my reeds in die Tora was, en gee die blye tyding van ’n Boodskapper wat ná my sal kom; sy naam is Agmad. Maar toe hy met duidelike bewyse na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is louter towery
7En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin terwyl hy tot Islam opgeroep word? En Allah lei nie die onregverdige volk nie
8Hulle begeer om die lig van Allah met hulle monde uit te doof, maar Allah sal Sy lig vervolmaak, ofskoon die ongelowiges daarvan afkering is
9Dit is Hy wat Sy Boodskapper met die leiding en die ware godsdiens gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier, ofskoon die heidene dit haat
10O julle gelowiges! Sal ek julle voorgaan in ’n onderhandeling wat julle van ’n pynlike straf sal verlos
11Julle moet glo in Allah en Sy Boodskapper en hard strewe in die weg van Allah met julle besittings en julle lewens. Dit is vir julle beter as julle dit maar weet
12Hy sal julle sonde vergewe en julle in Tuine toelaat waardeur riviere vloei, en Hy sal aan julle toegang verleen tot pragtige wonings in Tuine van Ewigheid. Dít is die groot sukses
13En nog ’n ander seëning wat julle begeer: hulp van Allah en ’n spoedige oorwinning; en bring blye tydings aan die gelowiges
14O julle gelowiges! Wees helpers op die weg van Allah, soos Jesus, die seun van Maria, aan sy dissipels gesê het: Wie is my helpers in die weg van Allah? Die dissipels het geantwoord: Ons is helpers in die weg van Allah! Toe het ’n gedeelte van die Kinders van Israel geglo en ’n ander gedeelte het nie geglo nie; en Ons het diegene wat geglo het teen hulle vyand gehelp, en hulle het die oorwinning behaal
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath