Islam
terug

56. Al-Waaqia

1Wanneer die Gebeurtenis plaasvind

2sal dit nie ontken kan word nie

3Dit sal sommige verneder en andere verhef

4Wanneer die aarde met ’n hewige skok sal skud

5en die berge sal verbrokkel

6dan sal hulle soos verstrooide stof wees

7en julle sal in drie groepe verdeel word

8Die mense aan die regterkant ~ hoe gelukkig is die mense aan die regterkant

9en die mense aan die linkerkant ~ hoe ongelukkig is die mense aan die linkerkant

10en die vooruitstrewendes in die geloof sal die vooruitstrewendes bly

11hulle sal nader aan Allah getrek word

12In Tuine van verrukking

13’n Menigte van die eerstes

14en maar min uit die later tye

15op deurvlegte sofa’s

16neergevly daarop, met die gesigte na mekaar gewend

17Jong manne wat nie sal verouder nie, sal onder hulle rondgaan

18met drinkbekers, lampetkanne, en glase met wyn

19wat hulle nie hoofpyn sal gee of dronk sal laat word nie

20en vrugte, net wat hulle verkies

21en pluimveevleis waarna hulle verlang

22en suiwer, rein metgeselle

23soos verborge pêrels

24’n Beloning vir wat hulle gedoen het

25Hulle hoor geen ydele gesprek of sondige taal daarin nie

26maar net dié woorde: Vrede! Vrede

27En die mense aan die regterkant; hoe gelukkig is die mense aan die regterkant

28Te midde van doringlose lotusbome

29en piesangbome vol trosse

30met vérrykende skadu’s

31en vloeiende water

32en volop vrugte

33nóg afgesny, nóg verbode

34en verhewe sofa’s

35Voorwaar, Ons het vir hulle ’n nuwe skepping geskape

36en tot maagde het Ons hulle gemaak

37beminlik, en van gelyke ouderdom

38vir diegene aan die regterkant

39’n Menigte van die eerstes

40en ’n menigte uit later tye

41En die mense aan die linkerkant; hoe ellendig is die mense aan die linkerkant

42Te midde van ’n verskroeiende wind en kokende water

43en in die skadu van swart rook

44nóg koel, nóg verfrissend

45Vóór dit het hulle inderdaad in weelde gelewe

46en hulle het in die groot skending volhard

47en hulle het dikwels gesê: Wanneer ons dood is, en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word

48of ons voorvaders

49Sê: Ja, die vroeëre en die lateres

50sal gewis bymekaar versamel word op ’n vasgestelde tyd van ’n bepaalde Dag

51Dan, o julle wat verdwaal was en verloën het

52julle sal sekerlik van die boom van Zakkoem eet

53en julle sal jul buik daarmee vul

54en daarna kokende water drink

55en drink soos die dorstige kameel drink

56Dít sal hulle vermaaklikheid wees op die Dag van Vergelding

57Ons het julle geskape; waarom wil julle dan nie die Waarheid erken nie

58Sien julle die afskeiding wat julle uitstort

59Is dit júlle wat dit skep, of is Ons die Skeppers

60Ons het die dood vir julle verorden ~ en Ons kan nie uitoorlê word nie

61sodat Ons julle posisie kan verander en julle in ’n toestand omskep wat julle nie ken nie

62En sekerlik weet julle van die eerste skepping; waarom sal julle dan nie ag gee nie

63Sien julle wat julle saai

64Is dit júlle wat die groei daarvan veroorsaak, of is Ons die Oorsaak van die groei

65As Ons wou, kon Ons kaf daarvan gemaak het; dan sou julle geweeklaag het

66Sekerlik is ons met skuld belas

67Nee, ons is van alles beroof

68Sien julle die water wat julle drink

69Bring júlle dit uit die wolke af, of is Ons die Brenger

70As Ons wou, kon Ons dit brak gemaak het; waarom wil julle dan nie dank betuig nie

71Sien julle die vuur wat julle aansteek

72Is dit júlle wat die bome daarvoor voortbring, of is Ons die Voortbrenger

73Ons het dit tot ’n aanmaning en voordeel vir die reisigers van die woestyn gemaak

74Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste

75Maar nee, Ek sweer by die openbaring van dele van die Qur’ãn

76en dit is inderdaad ’n groot eed, indien julle dit weet

77waarlik, dit is ’n eervolle Qur’ãn

78’n Boek wat beskerm word

79wat niemand sal aanraak nie, behalwe die gesuiwerdes

80’n Openbaring van die Heer van die wêrelde

81Is dit hierdie aankondiging wat julle verwerp

82En kan julle nie lewe sonder om dit te verwerp nie

83Waarom dan, wanneer die siel van die sterwende in sy keel styg

84en julle dit op daardie oomblik aanskou

85en Ons is nader daaraan as julle, maar julle merk dit nie

86waarom, as julle enige mag het

87beveel julle dit nie om terug te gaan nie

88As hy een van diegene is wat ná aan Allah is

89dan is daar vir hom geluk en oorvloed en ’n Tuin van Ver- rukking

90En as hy een van diegene aan die regterkant is

91dan lui dit: Vrede vir u, van diegene aan die regterkant

92En as hy een van die verwerpers, die dwalendes is

93dan is daar vir hom ’n vermaaklikheid van kokende water

94en verbranding in die Hel

95Voorwaar, dit is die grondige waarheid

96Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath