Islam
terug

55. Ar-Rahmaan

1Die Barmhartige

2het die Qur’ãn onderrig

3Hy het die mens geskape

4en hom geleer om te praat

5Die son en die maan volg ’n berekende baan

6en die plante en die bome aanbid Hom

7En die hemel het Hy hoog gevestig; en die maat het Hy bepaal

8sodat julle die maat nie mag oorskry nie

9en hou die weegskaal in stand op ’n billike wyse, en doen nie te kort aan die maat nie

10En die aarde het Hy vir Sy skepsels geskape

11daarin is vrugte en palmbome met blomskedes

12en die graan, met hul blare en stingels vir voer, en welriekende plante

13Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

14Hy het die mens uit droë klei geskape, soos erdewerk

15en Hy het die djien uit ’n vlam van die Vuur geskape

16Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

17Heer van die twee Oostes en Heer van die twee Westes

18Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

19Hy het die twee watermassas vry laat vloei, en mekaar laat ont- moet

20tussen hulle is ’n versperring wat hulle nie verby kan steek nie

21Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

22Daar kom uit albei pêrels en korale voort

23Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

24En Syne is die skepe wat hoog bo die see uitsteek soos berge

25Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

26Almal wat daarop is, sal vergaan

27En die Aangesig van u Heer sal alleen voortbestaan, die Heer van Heiligheid en Eer

28Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

29Almal wat in die hemele en op die aarde is, smeek Hom om gunste. Elke oomblik is Hy in ’n toestand van Heiligheid

30Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

31Spoedig sal Ons met julle afreken, o julle twee leërs

32Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

33O vergadering van djien en mense! As julle in staat is om deur die streke van die hemele en die aarde te gaan, doen dit dan. Julle kan nie daar deurgaan nie, behalwe met verlof

34Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

35Die Vlamme van Vuur en vonke van brons sal oor julle afgestuur word, dan sal julle nie in staat wees om jul te verdedig nie

36Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

37Wanneer die hemel dan uitmekaar sal bars, sal dit rooi word soos rooi leer

38Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

39Op daardie Dag dan sal nóg mens nóg djien oor sy sonde ondervra word

40Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

41Die misdadigers sal aan hulle kenmerke herken word, en hulle sal aan die hare en die voete gegryp word

42Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

43Dít is die Hel, wat die misdadigers verloën

44Dáár sal hulle tussen die Vuur en kokende water rondgaan

45Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

46En vir hom wat vrees om voor sy Heer te staan, is daar twee Tuine

47Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

48met verskillende soorte plante

49Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

50daarin is twee stromende fonteine

51Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

52Daarin is pare van elke vrugtesoort

53Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

54hulle sal hul neervlei op beddens waarvan die binnevoerings van sy brokaat is. En die vrugte van die twee Tuine is byderhand

55Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

56daarin sal diegene wees wat hulle oë in bedwang gehou het, en wat nóg man nóg djien aangeraak het

57Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

58asof hulle robyne of pêrels was

59Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

60Is die beloning van goedheid iets anders as goedheid

61Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

62En buiten daardie twee is daar nog twee Tuine

63Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

64donkergroen van kleur

65Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

66daarin is ook fonteine waarvan die water uitspuit

67Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

68daarin is vrugte en dadelpalms en granate

69Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

70Daarin is rein en beeldskone vroue

71Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

72skone maagde in pawiljoene gehuisves

73Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

74geen man of djien het hulle nog aangeraak nie

75Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

76hulle sal hul neervly op groen kussings en pragtige tapyte

77Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken

78geseënd is die naam van u Heer, die Heer van Heiligheid en Eer

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath