Islam
terug

54. Al-Qamar

1Die Uur het nader gekom, en die maan was oopgesplits

2En as hulle ’n teken sien, draai hulle weg en sê: Verganklike towery

3En hulle ontken, en volg hulle slegte neigings. Maar elke saak word afgehandel

4En sekerlik het daar verhale tot hulle gekom, wat moet afskrik

5volmaakte wysheid; maar die waarskuwings baat nie

6draai daarom weg van hulle af. Die Dag waarop die Aanroeper hulle tot iets onaangenaams sal uitnooi

7sal hulle met neergeslane oë uit hulle grafte kom, soos verstrooi- de sprinkane

8terwyl hul na die Aanroeper sal beweeg. Die ongelowiges sal sê: Dit is ’n moeilike Dag

9Vóór hulle het die volk van Noag verwerp ~ hulle het Ons boodskapper verwerp en gesê: ’n Kranksinnige, en hulle het hom verdryf

10Daarom het hy tot sy Heer geroep: Ek is verslae; help my tog

11Toe het Ons die hekke van die hemel oopgemaak vir die stromende water

12en die water uit fonteine oor die land laat vloei, sodat die vloedwaters mekaar ontmoet het volgens ’n maatstaf wat reeds verorden was

13En Ons het hom op iets, bestaande uit planke en spykers, vervoer

14wat onder Ons oë voortgedrywe het ~ ’n beloning vir hom wat verwerp was

15En sekerlik het Ons dit tot ’n teken gemaak, maar is daar iemand wat wil onthou

16Hoe vreeslik was My kastyding en My waarskuwing

17En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou

18Aad het verloën, en hoe vreeslik was My kastyding en My waar- skuwing toe

19Sekerlik het Ons ’n woedende wind op ’n vreeslike ongelukkige dag teen hulle uitgestuur

20wat die mense weggeruk het asof hulle stamme van ontwortelde palmbome was

21Hoe vreeslik tog was My kastyding en My waarskuwing

22En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou

23Thamoed het die waarskuwing verwerp

24Hulle het gesê: Moet ons nou ’n enkele persoon uit ons midde volg? Dan sal ons sekerlik in dwaling en kranksinnigheid ver- keer

25Is uit die midde van ons almal, die aanmaning alleen aan hóm gestuur? Nee, hy is ’n onbeskaamde leuenaar

26Môre sal hulle weet wie die leuenaar, die onbeskaamde, is

27Ons gaan hulle waarlik nou die kamelin stuur om hulle op die proef te stel; hou hulle dop, en beoefen geduld

28Stel hulle in kennis dat die water tussen hulle verdeel is; elke drinkbeurt sal in ag geneem moet word

29Maar hulle het hul metgesel geroep, en hy het ‘’n swaard geneem en haar kniesening afgekap

30Hoe vreeslik dan was My kastyding en My waarskuwing

31Ons het waarlik ’n enkele kreet oor hulle afgestuur, toe was hulle soos die droë stokke waarvan ’n veekraal gemaak word

32En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou

33Die volk van Lot het ook die waarskuwing verwerp

34Sekerlik het Ons ’n storm van stene oor hulle laat reën, met uitsondering van die volgelinge van Lot, wat Ons met die dae- raad verlos het

35as ’n guns van Ons. Want só beloon Ons diegene wat dank betuig

36En voorwaar, hy het hulle teen Ons vreeslike oordeel gewaarsku, maar hulle het oor die waarskuwing geredekawel

37En hulle het waarlik probeer om hom van sy gaste af te keer, maar Ons het hulle oë verblind en gesê: Smaak dan My kastyding en My Waarskuwing

38En sekerlik het ’n blywende straf hulle in die oggend ingehaal

39Smaak nou My straf en My waarskuwing

40En Ons het die Qur’ãn inderdaad maklik gemaak om te onthou, maar is daar iemand wat sal onthou

41En sekerlik het die waarskuwing na die volk van Farao gekom

42Hulle het al Ons tekens verwerp, daarom het Ons hulle vasgegryp met die beslaglegging deur die Magtige, die Kragtige

43Is julle ongelowiges beter as hulle, of besit julle ’n vrystelling in die geskrifte

44Of sê hulle: Is ons dan ’n skare wat mekaar bystand moet ver- leen

45Gou-gou sal die skare op die vlug gejaag word, en hulle sal die rug draai

46Nee, die Uur is hul beloofde tyd, en die Uur sal uiters rampspoe- dig en bitter wees

47Voorwaar, die misdadigers verkeer in dwaling en moeilikheid

48Op die Dag wanneer hulle op hul aangesig deur die Vuur gesleep sal word, sal daar gesê word: Smaak die aanraking van die Hel

49Voorwaar, Ons het alles volgens ’n maatstaf geskape

50En Ons gebod kom slegs een maal, soos ’n oogwink

51En sekerlik het Ons die gelyke van julle vernietig; maar is daar iemand wat sal onthou

52En alles wat hulle doen, is in die geskrifte opgeteken

53En alles, groot en klein, is neergeskryf

54Voorwaar, die godvresendes sal te midde van Tuine en riviere vertoef

55in ’n ware vesting, in die aanwesigheid van ’n Almagtige Koning

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath