53. An-Najm
1By die ster wanneer dit sak
2Julle metgesel dwaal nie, en hy wyk ook nie af nie
3Hy spreek ook nie sy eie begeertes na nie
4Dit is niks anders nie as ’n geopenbaarde openbaring
5Een, Sterk in Mag, het hom onderrig
6die Heer van Krag. Daarom het hy dan ook volmaaktheid bereik
7En hy is in die hoogste punt van die horison
8hy het nader en nader gereik
9en hy was maar twee booglengtes verwyder, of selfs nog nader
10Daarom het Hy aan Sy dienaar bekend gemaak wat Hy geopen- baar het
11Die hart het nie vervals wat hy gesien het nie
12Wil julle dan met hom argumenteer oor wat hy gesien het
13Hy het hom sekerlik by ’n ander verskyning gesien
14by die verste lotusboom
15Daar naby is die Tuin van Verblyf
16Toe dít wat bedek die lotusboom bedek het
17het die oog nie weggedraai nie, en ook nie die perke oorskry nie
18Sekerlik het hy die grootste tekens van sy Heer gesien
19Het julle dan die afgodsbeelde ~ Laat en Oezza ~ in oorweging geneem
20en ’n ander, die derde ~ Manaat
21Is die manlike wesens vir júlle, en die vroulikes vir Hom
22Dit is inderdaad ’n onjuiste verdeling
23Dit is niks anders nie as name wat julle opnoem, julle en julle vaders ~ Allah het julle geen gesag daartoe verleen nie. Hulle volg slegs gissings na, en wat hulle harte begeer. Maar die leiding van die Heer het sekerlik na hulle gekom
24Of sal die mens alles kry wat hy verlang
25Nee, aan Allah behoort die Hiernamaals en ook die huidige lewe
26En hoeveel engele is daar nie in die hemele wie se voorspraak niks sal baat nie, behalwe nadat Allah verlof daartoe gegee het aan wie Hy wil, en wie Hy verkies
27Voorwaar, hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, gee die engele vroulike name
28En hule het geen kennis daarvan nie. Hulle volg slegs gissings, en gissings sal sekerlik niks teen die Waarheid baat nie
29Draai daarom weg van hom wat die rug vir Ons Vermanings keer en niks anders as die lewe van hierdie wêreld begeer nie
30Dít is die doelwit van hul kennis. Voorwaar, u Heer weet goed wie van Sy pad afdwaal, en Hy weet wie reg gelei word
31En aan Allah behoort wat in die hemele en wat op die aarde is, sodat Hy die kwaaddoeners hul loon kan gee vir wat hul gedoen het, en die weldoeners vir hulle weldade kan beloon
32Hulle wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en onwillig aan die kleiner sondes aandadig is ~ vir hulle sal u Heer kwistig wees met Vergifnis. Hy weet goed wanneer Hy julle uit die aarde voortbring en wanneer julle embrios in die baarmoeders van julle moeders is; moet dus nie op julle reinheid roem nie. Hy weet goed wie hulself teen sonde bewaak
33Sien u hom wat wegdraai
34wat ’n bietjie gee, dan terughou
35Besit hy kennis van die Onsigbare, sodat hy kan sien
36Is aan hom nie vertel wat in die geskrifte van Moses staan
37en van Abraham wat die gebooie vervul het nie
38dat ’n lasdraer nie die las van ’n ander sal dra nie
39en dat die mens niks kan verwerf nie behalwe dit waarna hy strewe
40en dat sy strewe spoedig opgemerk sal word
41Dan sal hy ten volle daarvoor beloon word
42en dat alles uiteindelik tot u Heer keer
43En dat dit Hy is wat sommige laat lag en sommige laat huil
44en dat dit Hy is wat die dood veroorsaak en die lewe gee
45en dat Hy van alles pare skep, die manlike sowel as die vroulike
46uit ’n sperm wanneer dit geskik is
47en dat hy die tweede opwekking verorden het
48en dat dit Hy is wat rykdom en voldoening gee
49en dat hy die Heer van Sirius is
50en dat Hy die eerste stam van Aad vernietig het
51en ook Thamoed nie gespaar het nie
52en vóór hulle ook die volk van Noag. Waarlik, hulle was uiter- mate onregverdig en opstandig
53En die verwoeste stede het Hy met die grond gelyk gemaak
54sodat dít wat bedek, hulle heeltemal bedek het
55Oor watter gawe van u Heer wil u dan redekawel
56Hierdie man is ’n waarskuwer, soos die waarskuwers van ouds
57Die naderende Gebeurtenis kom al nader
58Daar is niemand, buiten Allah, wat dit kan verwyder nie
59Verwonder julle jul oor hierdie aankondiging
60En lag julle en huil julle nie
61terwyl julle speel
62Val dan neer in prostrasie voor Allah, en aanbid Hom
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath