51. Adh-Dhaariyat
1By diegene wat wyd en syd verstrooi
2En hulle wat die laste dra
3En diegene wat maklik voortgaan
4En by die deelgenote aan die Saak
5Wat julle belowe word, is sekerlik waar
6en die Oordeel sal waarlik geskied
7By die hemel vol van paaie
8waarlik, julle verskil van mening
9Hy wat hom wou wegdraai, word daarmee van die ware geloof verlei
10Vervloek is die leuenaars
11wat op die bodemlose diepte nie ag slaan nie
12Hulle vra: Wanneer sal die Dag van Oordeel wees
13Dit sal die Dag wees wanneer hulle in die Vuur beproef sal word
14Daar sal gesê word: Smaak nou julle vervolging! Dít is wat julle wou verhaas
15Maar die godvresendes sal te midde van Tuine en fonteine wees
16en daaruit neem wat hulle Heer aan hulle gee. Vóór dit was hulle sekerlik onder die weldoeners
17Gedurende die nag het hulle weinig geslaap
18En in die môre het hulle om Goddelike beskerming gesmeek
19En van hulle rykdom was daar ’n billike aandeel vir die bedelaar en vir diegene wat te skaam is om te bedel
20En op die aarde is daar tekens vir diegene wat sekerheid van geloof het
21en ook in julleself. Kan julle dan nie sien nie
22En in die hemele is julle onderhoud, en ook dít wat aan julle beloof is
23By die Heer van die hemele en die aarde dan! ~ dit is inderdaad die waarheid wat julle praat
24Het julle die verhaal van Abraham se geëerde gaste gehoor
25Hoe hulle na hom gekom het, en gesê het: Vrede! Vrede! ~ toe het hy geantwoord: Vreemdelinge
26Hy het weggedraai na sy gesin, en toe ’n vet kalf gebring
27Dit het hy voor hulle neergesit, en gesê: Wil julle nie eet nie
28Daarop het hy hulle begin vrees. Hulle het gesê: Moenie vrees nie. En hulle het hom die blye tyding van ’n wyse seun gebring
29Toe het sy vrou gekom en, in verbystering, het sy haar gesig geslaan en gesê: ’n Onvrugbare, bejaarde vrou
30Hulle het gesê: U Heer sê so. Voorwaar, Hy is die Allerwyse, die Alleswetende
31Abraham het gesê: Wat is julle opdrag, o boodskappers
32Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur
33sodat ons kleiklonte op hulle kan neerwerp
34wat deur u Heer vir die oortreders bestem is
35Die gelowiges wat daar was, het Ons toe laat weggaan
36En Ons het maar ’n enkele huis van Moesliems daar gevind
37En Ons het ’n teken daarin gelaat vir diegene wat die pynlike straf vrees
38En in Moses, toe Ons hom na Farao met ’n duidelike gesag gestuur het
39Maar hy was afkerig vanweë sy mag, en het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige
40Daarom het Ons hom en sy skare gegryp en hulle in die see gewerp, omdat hy skuldig was
41En in Aad, toe Ons ’n vernielende orkaan teen hulle uitgestuur het
42Dit het niks gespaar waarmee dit in aanraking gekom het nie, en dit het van alles as gemaak
43En in Thamoed, toe aan hulle gesê is: Vermaak julle vir tyd en wyl
44Maar hulle het die gebod van hulle Heer oortree, daarom het die donderstraal straf hulle agterhaal, terwyl hulle dit aanskou het
45daarom was hulle nie in staat om op te staan nie, nóg kon hulle hul verdedig
46en die volk van Noag: Voorwaar, hulle was ’n onheilstigtende volk
47En die hemel, dié het Ons deur Ons mag opgestel, en Ons is waarlik die Makers van die uitgestrektheid
48En die aarde, dié het Ons uitgesprei. Hoe uitmuntend het Ons dit gemaak
49En van elke ding het Ons pare geskape, sodat julle kan onthou
50Haas julle dan na Allah. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom
51En moenie ’n ander god naas Allah opstel nie. Waarlik, ek is vir julle ’n duidelike waarskuwer van Hom
52En nooit het daar ’n boodskapper tot diegene vóór hulle gekom nie, of hulle het gesê: ’n Towenaar, of ’n kranksinnige
53Het hulle mekaar hiertoe aangespoor? Nee, hulle was verslae oortreders
54Draai daarom weg van hulle af, want u is sonder blaam
55En vemaan, want die vermaning sal die gelowiges bevoordeel
56En Ek het die djien en die mense om geen ander rede geskape nie, as dat hulle My moet aanbid
57Ek verlang van hulle geen onderhoud nie, nóg wens Ek dat hulle My moet voed
58Voorwaar, Allah is die Allergrootste Voorsiener, die Heer van Mag, die Sterke
59Die lot van die kwaaddoeners is sekerlik soos die lot van hulle metgeselle; daarom moet hulle My nie vra om dit te verhaas nie
60Wee die ongelowiges vanweë die Dag waarmee hulle bedreig word
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath