47. Mohammed
1Diegene wat nie glo nie en die mense van die weg van Allah afkeer, hulle werke sal Hy vernietig
2En hulle wat glo en goeddoen, en glo in wat aan Moegammad geopenbaar is ~ en dit is tog die waarheid van hulle Heer ~ hulle bose dade sal Hy verwyder en hulle toestand verbeter
3Dit is omdat die ongelowiges die valsheid volg, en die gelowiges die waarheid van hulle Heer. So sit Allah hulle toestand vir die mense uiteen
4Wanneer julle die ongelowiges in die oorlog ontmoet, tref die nekke; as julle hulle dan baasraak, neem hulle gevange, en stel hulle daarna vry as ’n guns of vir ’n losprys totdat die oorlog haar laste neergelê het. So sal dit wees. Indien Allah wil, sal Hy hulle sekerlik met straf vergeld, maar Hy wou sommige van julle deur ander op die proef stel. En diegene wat op die weg van Allah sneuwel, hulle werke sal Hy nooit laat vergaan nie
5Hy sal hulle reg lei en hulle toestand verbeter
6En Hy sal hulle die Paradys, wat Hy aan hulle bekend gemaak het, laat binnegaan
7O julle gelowiges! Indien julle die saak van Allah steun, sal Hy julle help en julle voetstappe ferm maak
8Vir die ongelowiges is daar vernietiging; Hy sal hulle werke vernietig
9Dit is omdat hulle dít haat wat Allah openbaar, daarom het Hy hulle dade vrugteloos gemaak
10Het hulle nie deur die land gereis en gesien wat die einde van diegene vóór hulle was nie? Allah het hulle vernietig. En vir die ongelowiges sal dieselfde geld
11Dit is omdat Allah die Beskermheer is van die gelowiges, en omdat die ongelowiges geen beskermheer het nie
12Voorwaar, Allah sal hulle wat glo en goeddoen, laat ingaan in die Paradys, waardeur riviere vloei. En die ongelowiges vermaak hulself en eet soos die vee, en die Vuur is hulle tuiste
13En hoeveel stede, wat sterker was as u stad, het u nie uitgedryf nie? Ons het hulle vernietig; daarom was daar geen helper vir hulle nie
14Is hy wat ’n duidelike bewys van sy Heer het, dan niks beter as iemand vir wie die kwaad van sy gedrag skoonskynend is, en wat sy eie begeertes volg nie
15’n Beeld van die Paradys wat aan die godvresendes belowe word: Daarin is strome van water wat nooit sleg word nie, en strome van melk waarvan die smaak nie verander nie, en strome van wyn, smaaklik vir die drinkers, en strome van gesuiwerde heuning; en daar is vir hulle allerlei vrugte, asook beskerming van hulle Heer. Is mense wat hierdie dinge geniet dan gelyk aan hulle wat in die Vuur woon en wat gedwing word om kokende water te drink sodat dit hulle ingewande kan verskeur
16En daar is party van hulle wat na u wil luister, maar wanneer hulle van u af weggaan, sê hulle aan diegene aan wie kennis gegee is: Wat was dit wat hy netnou gesê het? Dit is húlle wie se harte Allah verseël het, en hulle volg hulle slegte neigings
17En hulle wat die leiding volg, Hy laat hulle in leiding toeneem, en Hy skenk aan hulle godvresendheid
18Wag hulle slegs dat die Uur plotseling oor hulle moet kom? Maar nou het die tekens daarvan reeds gekom. Maar hoe sal hulle hul aanmaning kry, wanneer dit oor hulle kom
19Weet dan dat daar geen God buiten Allah is nie, en vra om beskerming vir u sondes en vir die gelowige mans en die gelowige vroue. En Allah weet as julle rondgaan en as julle stilsit
20En die gelowiges sê: Waarom is ’n Soera1 nie geopenbaar nie? Maar wanneer ’n beslissende Hoofstuk geopenbaar word, en die geveg word daarin vermeld, dan sien u diegene in wie se harte daar ’n siekte is, na u kyk soos iemand wat in die dood beswym. Wee hulle
21Gehoorsaamheid en ’n sagsinnige woord was meer van pas. En wanneer die saak besleg is, is dit vir hulle beter om aan Allah trou te bly
22Maar as julle jul afwend, sal julle sekerlik verderf in die land veroorsaak en julle familiebande breek
23Dit is hulle wat deur Allah vervloek is, sodat Hy hulle doof gemaak het en hulle oë verblind het
24Dink hulle dan nie na oor die Qur’ãn nie? Of is daar slotte in hulle harte
25Waarlik, diegene wat wegdraai nadat die leiding vir hulle duidelik geword het, die duiwel het dit vir hulle verfraai, en hy laat hulle valse hoop koester
26Dit is omdat hulle aan diegene wat haat wat Allah geopenbaar het, sê: Ons sal julle in sommige sake gehoorsaam. Maar Allah ken hulle geheime
27Maar hoe sal dit wees wanneer die engele hulle dood veroorsaak, en hulle aangesigte en rûe tref
28Dit is omdat hulle dít volg wat Allah misbehaag en met Sy behae ontevrede is; daarom maak Hy hulle verrigtinge vrugteloos
29Of dink hulle in wie se harte daar ’n siekte is, dat Allah nie hulle nyd openbaar sal maak nie
30En as Ons wou, kon Ons hulle aan u toon, sodat u hulle aan hul merktekens kan ken. En u sal hulle sekerlik herken aan hulle manier van praat. En Allah ken julle dade
31En Ons sal julle sekerlik beproef totdat Ons diegene onder julle ken wat ywerig strewe en wat standvastig is; en Ons sal die nuus aan julle openbaar maak
32Voorwaar, hulle wat nie glo nie en mense van die weg van Allah aflei, en wat die Boodskapper teenstaan nadat die leiding aan hulle duidelik gemaak is, kan Allah geensins skade berokken nie; en Hy sal hulle werke vrugteloos maak
33O julle gelowiges! Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Boodskapper, en moenie julle dade nutteloos laat word nie
34Waarlik, hulle wat nie glo nie en wat mense van die weg van Allah aflei en dan as ongelowiges sterf, vir hulle sal Allah nie vergewe nie
35En wees nie so lafhartig dat julle om vrede wil onderhandel nie, want julle sál die oorhand kry, en Allah is met julle, en Hy sal julle dade nie tevergeefs laat wees nie
36Die lewe van hierdie wêreld is slegs ’n spel en ’n ydele vermaak, en as julle glo en godvresend is, sal Hy julle beloning vir julle gee; en Hy vra julle nie julle skatte nie
37As Hy dit van julle sou vra en daarop aandring, sal julle afgunstig word, en Hy sal julle boosaardigheid openbaar maak
38Want kyk, dit is vir júlle dat gevra sal word om in die weg van Allah te bestee. Maar onder julle is daar ook die suiniges. En wie suinig is, is suinig ten koste van sy eie siel. En Allah is Selfgenoegsaam, en julle is verlee. En as julle wegdraai, sal Hy ’n ander volk in julle plek voortbring wat nie soos julle sal wees nie
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath