45. Al-Jaathiya
1Gaam-Miem
2Die openbaring van hierdie Boek kom van Allah, die Allermagtige, die Allerwyse
3Voorwaar, in die hemele en op aarde is daar tekens vir die gelowiges
4En in julle skepping en in die diere wat Hy wyd en syd versprei het, is daar tekens vir ’n volk wat seker wil wees
5En in die wisseling van die nag en die dag, en in die voorsiening wat Allah uit die hemel afstuur, en sodoende lewe skenk aan die aarde na haar dood, en in die verandering van die winde, is daar tekens vir ’n volk wat verstaan
6Dit is die tekens van Allah wat Ons in waarheid aan u voordra. In watter aankondiging buiten Allah en Sy tekens sal hulle dan glo
7Wee elke sondige leuenaar
8wat die tekens van Allah hoor wat aan hom voorgedra word, en dan nog in arrogansie volhard asof hy dit nie gehoor het nie. Vertel hom van ’n smartlike straf
9En wanneer hy kennis ontvang van enige van Ons tekens, spot hy daarmee. Vir hulle is daar ’n vernederende straf
10Voor hulle is die Hel; en dít wat hulle verdien het, sal hulle niks baat nie, nóg diegene wat hulle buiten Allah as beskermers neem; en vir hulle is daar ’n smartlike straf
11Dít is leiding; en diegene wat nie in die tekens van hulle Heer glo nie, vir hulle is daar ’n pynlike en afgryslike straf
12Dit is Allah wat die see vir julle in diens gestel het, sodat die skepe deur Sy gebod daarop kan vaar, en sodat julle na Sy oorvloed kan soek, en dat julle dankbaar kan wees
13En Hy het alles vir julle in diens gestel wat in die hemele en wat op die aarde is; alles kom van Hom. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat nadink
14Sê vir hulle wat glo om diegene te vergewe wat nie die dae van Allah vrees nie, sodat Hy ’n volk kan vergeld vir wat hulle verdien het
15Wie goeddoen, doen dit tot voordeel van sy eie siel; en wie kwaad doen, doen dit ten koste van sy eie siel; aan die einde sal julle na julle Heer teruggebring word
16En inderdaad het Ons die Boek en die heerskappy en profeet- skap aan die Kinders van Israel gegee en hulle van goeie dinge voorsien en hulle bo ander volke begunstig
17En Ons het hulle duidelike bewyse aangaande hier saak1 gegee. Dus het hulle slegs verskil nadat die kennis tot hulle gekom het, weens onderlinge afguns. Voorwaar, u Heer sal op die Dag van Opstanding oor hulle uitspraak gee omtrent dít waaroor hulle verskil het
18Daarna het Ons u2 ’n bepaalde weg laat volg; volg dit daarom, maar volg nie die bose begeertes na van diegene wat nie weet nie
19Voorwaar, hulle kan u teen Allah niks baat nie. En voorwaar, die kwaaddoeners is vriende van mekaar, en Allah is die Vriend van die godvresendes
20Hierdie dinge is duidelike bewyse vir mense en ’n genade vir ’n volk wat seker is
21Dink hulle wat bose dade doen, dat Ons hulle sal behandel soos diegene wat glo en goeie dade doen, sodat hulle lewe en hulle dood gelyk sal wees? Boos is dít wat hulle dink
22En Allah het die hemele en die aarde in waarheid geskape, en sodat elke siel beloon kan word vir wat hy verdien het, en niemand sal onreg aangedoen word nie
23Het u hom gesien wat van sy eie begeertes ’n god maak, en vir wie Allah willens en wetens in dwaling laat verkeer, en wie se gehoor en wie se hart Hy verseël het, en wie se gesig Hy gesluier het? Wie, buiten Allah, sal hom kan lei? Sal julle dan nie omgee nie
24En hulle sê: Daar is niks buiten die lewe van hierdie wêreld nie; ons sterf en ons lewe en niks vernietig ons nie, behalwe die tyd. Maar hulle het geen kennis daarvan nie; hulle vermoed slegs
25En wanneer Ons duidelike tekens aan hulle voorgedra word, is hulle enigste argument dat hulle sê: Bring ons vaders terug as julle opreg is
26Sê: Allah skenk julle die lewe, daarna laat Hy julle ook sterwe, waarna Hy julle op die Dag van Opstanding bymekaar sal ver- samel, waaraan daar geen twyfel is nie; maar die meeste mense begryp dit nie
27En aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. En op die Dag wanneer die Uur aanbreek, op daardie Dag sal die volgers van valsheid vergaan
28En u sal iedere volk sien neerkniel. En elke volk sal na sy verslagboek geroep word. Hierdie Dag sal julle beloon word vir wat julle gedoen het
29Dit is Ons verslagboek wat met waarheid teen julle sal spreek. Ons het sekerlik opgeteken wat julle gedoen het
30Dan aangaande hulle wat geglo het en goedgedoen het, hulle Heer sal hulle tot Sy barmhartigheid toelaat. Dít is die openlike sukses
31En aangaande hulle wat ongelowig was, sal gesê word: Is My tekens nie aan julle voorgedra nie? Maar julle was hoogmoedig, en julle was ’n misdadige volk
32En toe gesê is: Die belofte van Allah is sekerlik waar en aan die Uur is daar geen twyfel nie, het julle gesê: Ons weet nie wat die Uur is nie. Ons dink dit is maar net ’n gissing, en ons is glad nie seker nie
33En die kwaad wat hulle gedoen het, sal vir hulle duidelik word, en waarmee hulle gespot het, sal hulle omring
34En daar sal gesê word: Hierdie Dag sal Ons julle vergeet, net soos julle die ontmoeting van hierdie Dag van julle vergeet het; en julle tuiste is voortaan die Vuur, en julle het geen helpers nie
35Dít is omdat julle die tekens van Allah bespot het, en omdat die lewe van hierdie wêreld julle bedrieg het. Op daardie Dag dan sal hulle nie daaruit geneem word nie, ook sal geen welwillendheid aan hulle verleen word nie
36Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Hemele en die Heer van die Aarde en die Heer van die Wêrelde
37Aan Hom behoort die Grootheid in die hemele en op die aarde; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath