43. Az-Zukhruf
1Gaa-Miem
2By die Boek wat verduidelik
3Voorwaar, Ons het dit ’n Arabiese Qur’ãn gemaak sodat julle dit kan verstaan
4En dit is in die Oorspronklike Boek by Ons, voorwaar verhewe, vol van wysheid
5Sal Ons dan die Vermaning van julle weerhou omdat julle ’n oortredende volk is
6En hoeveel profete het Ons nie onder die vorige geslag uitge- stuur nie
7En nog nooit het daar ’n profeet na hulle gekom nie, of hy is bespot
8Daarna het Ons diegene vernietig wie se heldemoed nog groter was as hierdie mense s’n. Die voorbeeld van die volke van die ou tyd het reeds voorafgegaan
9En as hulle sou vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? sal hulle sê: Die Allermagtige, die Alleswetende Een, het dit geskape
10Hy wat die aarde as ’n rusplek vir julle gemaak het, en daarin weë vir julle gebaan het, sodat julle die regte weg kan volg
11En wat water uit die wolke in die regte mate afstuur, waarna Ons die dooie aarde daardeur lewendig laat word; net so sal julle ook opgewek word
12En wat alle dinge in pare geskape het, en vir julle skepe en vee gemaak het waarop julle ry
13sodat julle stewig op hulle rûe kan ry en dan, wanneer julle stewig daarop sit, die guns van julle Heer kan oordink, en sê: Lof kom Hom toe, wat dit vir ons in diens gestel het, want ons was onbekwaam om dit te doen
14en waarlik, ons moet na ons Heer terugkeer
15En hulle stel ’n deel van Sy dienaars naas Hom op. Weliswaar, die mens is klaarblyklik ondankbaar
16Of het Hy dogters vir Homself geneem wat Hy geskape het, en vir julle seuns gekies
17En wanneer nuus aan een van hulle gegee word omtrent dít waarvan hy ’n gelykenis naas die Barmhartige opgestel het, word sy gesig swart en raak hy woedend
18Is enigeen wat met ornamente getooi word en onbekwaam is om ’n toespraak in ’n getwis te voer, ’n deelgenoot van God
19En hulle sê die engele wat dienaars van die Barmhartige is, is vroulike wesens
20En hulle sê: As die Barmhartige dit wou, sou ons hulle nie aanbid het nie. Hulle het geheel en al nie kennis daarvan nie; hulle vermoed slegs
21Of het Ons voorheen aan hulle ’n boek gegee, waaraan hulle nou kan vashou
22Nee, hulle sê: Ons het ons vaders op ’n weg gevind, en ons word waarlik deur hulle voetstappe op die weg gelei
23En waarlik, nooit het Ons ’n waarskuwer vóór u na ’n stad gestuur nie, of die rykes daarvan het gesê: Ons het gevind dat ons vaders ’n godsdiens gevolg het en ons volg in hulle voetstappe
24Die waarskuwer het gesê: Hoe nou? Al bring ek u ook ’n beter leiding as wat julle vaders jul kon bied? Hulle antwoord was: Waarlik, ons glo nie in u boodskap nie
25Daarom het Ons hulle met die straf vergeld, en kyk dan wat was die einde van die leuenaars
26En toe Abraham aan sy vader en sy volk gesê het: Voorwaar, ek is bevry van wat julle aanbid
27behalwe van Hom wat my geskape het, want waarlik, Hy sal my reg lei
28En Hy het dit ’n blywende woord vir sy nageslag gemaak sodat hulle kon teugkeer
29Nee, Ek het diesulkes en hul vaders hul handelinge laat geniet totdat die waarheid en die welsprekende Boodskapper na hulle gekom het
30En toe die Waarheid na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is towerkuns, en ons glo volstrek nie daaraan nie
31En hulle sê: Waarom is hierdie Qur’ãn nie aan ’n man van aan- sien in die twee stede2 geopenbaar nie
32Deel húlle die genade van u Heer uit? Ons deel hulle lewens- onderhoud uit in die lewe van hierdie wêreld, en Ons verhef sommige van hulle bo ander in grade, sodat sommige van hulle ander in diens kan neem. En die barmhartigheid van u Heer is beter as die dinge wat hulle opgaar
33En was dit nie dat al die mense dalk een ongelowige gemeenskap kon word nie, sou Ons vir diegene wat nie in die Barmhartige glo nie, huise met dakke van silwer geskenk het, en ook trappies van silwer waarmee hulle na bo kan klim
34en silwerdeure vir hulle huise: en die sofa’s waarop hulle hul neervly
35is van goud. Maar dit alles is niks anders nie as ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld; en die Hiernamaals is by u Heer slegs vir die godvresendes
36En wie homself van die oordenkinge van die Barmhartige weerhou, vir hom stel Ons die duiwel as ’n metgesel aan
37En voorwaar, hy lei hulle van die regte weg af, terwyl hulle dink dat hulle reg gelei word
38En wanneer hy by Ons kom, sê hy: O was u en ek maar liewer so ver as die Ooste van die Weste van mekaar verwyder. Boos is dié metgesel inderdaad
39En op daardie Dag sal dit julle niks baat nie, omdat julle kwaad gedoen het; daarom sal julle albei deelgenote in die straf wees
40Kan u dan die dowe laat hoor, of die blinde lei, en so ook hom wat in klaarblyklike dwaling verkeer
41As Ons u van hulle af wegneem, sal Ons hulle tog met straf vergeld
42Of Ons sal u wys wat Ons hulle belowe het, want sekerlik het Ons mag oor hulle
43Hou dan vas aan wat Ons aan u geopenbaar het; u is voorwaar op die regte pad
44En waarlik, dit is ’n vermaning vir u en u volk, en julle sal daar- oor ondervra word
45En vra maar vir Ons boodskappers wat Ons vóór u gestuur het: Het Ons ooit iemand aangeraai om buiten die Barmhartige gode te aanbid
46En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens na Farao en sy owerstes gestuur, en hy het gesê: Ek is die boodskapper van die Heer van die Wêrelde
47Maar toe hy hulle Ons tekens gebring het, het hulle hom uitgelag
48En nooit het Ons hulle ’n teken getoon nie, of dit was groter as die een wat dit vooraf gegaan het, en Ons het hulle met kas- tyding getref, sodat hulle hul kon bekeer
49En hulle het gesê: O, u towerkunstenaar! Roep u Heer aan om ons ontwil, aangesien Hy die verdrag met u gesluit het; ons sal gewis die leiding volg
50Maar toe Ons die straf van hulle verwyder het, kyk! het hulle die gelofte verbreek
51En Farao het onder sy volk laat aankondig, en gesê: O my volk! Behoort die koninkryk van Egipte nie aan my nie? En vloei hierdie riviere nie benede my nie? Sien julle dan nie
52Is ek nie beter as hierdie man nie? Hy wat veragtelik is, en hom skaars duidelik kan uitdruk
53Hoekom is daar dan geen armbande van goud aan hom geskenk, of het engele nie in ’n optog saam met hom gekom nie
54So het hy dan sy volk mislei en hulle het hom gehoorsaam. Hulle was inderdaad ’n oortredende volk
55Toe hulle Ons dan vertoorn het, het Ons hulle met die straf vergeld, en Ons het hulle almal laat verdrink
56En Ons het van hulle ’n vergange volk gemaak en ’n voorbeeld vir die komende geslagte
57En wanneer die seun van Maria as ’n voorbeeld genoem word, dan hef u volk ’n geskreeu aan
58En hulle sê: Is óns gode beter, of is hy beter? En hulle noem dit slegs aan u om argument te soek. Nee, hulle is ’n twissieke volk
59Hy was niemand anders nie as ’n dienaar aan wie Ons guns bewys het, en Ons het hom tot voorbeeld vir die Kinders van Israel gestel
60En as Ons wou, kon Ons engele na julle gestuur het om Ons plaasvervangers in die land te wees
61En hierdie openbaring is sekerlik kennis van die Uur; twyfel dus nie daaraan nie, en volg My. Dit is die regte weg
62En laat die duiwel julle nie verhinder nie; voorwaar, hy is vir julle ’n openlike vyand
63En toe Jesus met duidelike bewyse gekom het, het hy gesê: Ek het inderdaad met wysheid na julle gekom om aan julle ’n verduideliking te gee van dít waaroor julle onderling verskil. Wees dus bewus van Allah en gehoorsaam my
64Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer. Dien Hom daarom. Dit is die regte weg
65Maar baie groepe onder hulle was onenig. Wee dan diegene wat kwaad gedoen het, weens die straf van ’n smartlike Dag
66Wag hulle dan slegs vir die Uur wat plotseling oor hulle sal kom terwyl hulle dit nie besef nie
67Vriende sal op daardie Dag vyande van mekaar wees, behalwe die godvresendes
68O My dienaars! Julle sal op hierdie Dag nie vrees nie, nóg sal julle treur
69Diegene wat in Ons tekens geglo het en hulle aan Ons onderdanig gemaak het
70gaan die Paradys binne ~ julle en julle eggenotes ~ en wees gelukkig
71Daar sal goue skottels en drinkbekers na hulle rondgestuur word, en daarin sal dít wees waarna die siele verlang en wat die oë behaag. En julle sal daar bly
72En dít is die Tuin wat julle toegelaat sal word om te erf, as beloning vir julle dade
73Daarin is vir julle ’n oorvloed van vrugte waarvan julle kan eet
74Die misdadigers sal gewis in die Vuur van die Hel bly woon
75En dit sal vir hulle nie ligter gemaak word nie, en hulle sal daarin wanhopig word
76En Ons het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle was self die kwaaddoeners
77En hulle sal tot die engel van die Hel skreeu: O Maaliek! Laat u Heer ’n einde aan ons maak. Hy sal antwoord: Julle sal hier bly
78Ons het julle sekerlik die Waarheid gebring, maar die meeste van julle is daarvan afkerig
79Of het hulle ’n saak besluit? Maar dit is Ons wat sake besluit
80Of dink hulle dat Ons nie hulle geheime en hulle private beraad- slagings hoor nie? Ja, seker! Ons boodskappers by hulle skrywe alles op
81Sê: Die Barmhartige het geen seun nie; daarom is ek een van die vernaamste aanbidders van God
82Verhewe is die Heer van die hemele en die aarde, die Heer van die troon van Mag, bo alles wat hulle beskryf
83Laat hulle maar praat en hulself vermaak, tot op die Dag wat aan hulle belowe is
84En dit is Hy wat God in die hemel en God op die aarde is. En Hy is die Allerwyse, die Alleswetende
85En geseënd is Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde, en alles wat daartussen is, behoort; en by Hom is die kennis van die Uur, en tot Hom sal julle teruggebring word
86En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, kan nie vir hulle bemiddel nie, behalwe hy wat van die Waarheid getuienis aflê, en hulle ken hom
87En as u hulle sou vra wie hulle geskape het, sal hulle sê: Allah. Waarom draai hulle dan weg
88En sy uitroep is: O my Heer! Dit is ’n volk wat nie glo nie
89Draai dan weg van hulle, en sê: Vrede! Hulle sal dit weldra te wete kom
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath