37. As-Saaffaat
1By hulle wat hul in rye georden is
2en hulle wat hul in bedwang hou
3en hulle wat die Vermaning voordra
4julle God is waarlik EEN
5Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, en die Heer van die lande in die Ooste
6Waarlik, Ons het vir die nader hemel sterre as versiersels gegee
7En daar is beskerming teen elke opstandige duiwel
8Hulle kan nie na die verhewe byeenkoms luister nie, en hulle sal van alle kante berispe word
9en verdryf; en vir hulle is daar ’n aanhoudende straf
10behalwe vir hom wat slegs een maal wegsteel, agter hom volg daar ’n helderskynende Vlam
11Vra die ongelowiges of hulle moeiliker is om te skep as ander. Ons het tog almal van ferm klei geskape
12Nee, u verwonder u, terwyl hulle spot
13en wanneer hulle vermaan word, steur hulle hul nie daaraan nie
14en wanneer hulle ’n teken sien, spot hulle daarmee
15en sê: Dit is niks anders nie dan duidelike towerkuns
16Wanneer ons dood is en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word
17en so ook ons vaders
18Sê: Ja, en julle sal verneder word
19Daar sal slegs een oproep wees, en kyk! hulle sal sien
20En hulle sal sê: Wee ons! Dit is die Dag van Oordeel
21Allah sal sê: Dít is die Dag van Beslissing wat julle verloën het
22Versamel bymekaar almal wat kwaad gedoen het, en hulle geselle, en wat hulle
23buiten Allah, aanbid het, en lei hulle dan op die pad na die Hel
24En laat hulle stilstaan, want hulle sal ondervra word
25Waarom het julle mekaar dan nie gehelp nie
26Nee, op daardie Dag sal hulle onderdanig wees
27En sommige van hulle sal hulle na ander wend, en mekaar beurtelings ondervra
28en sê: Voorwaar, julle het dikwels vanaf die regterkant na ons gekom
29Hulle sal antwoord: Nee, julle self was nie gelowiges nie
30En ons het geen gesag oor julle gehad nie, maar julle was ’n oortredende volk
31So het die woord van ons Heer teen ons waar geword; ons sal sekerlik die straf ondergaan
32Ons het julle verlei, want ons was self in dwaling
33Daardie Dag dan sal hulle deelgenote wees in die straf
34want so handel Ons met die misdadigers
35Hulle was voorwaar aanmatigend toe dit aan hulle gesê is: Daar is geen god nie buiten Allah
36en het toe gesê: Sal ons ons gode ter wille van ’n waansinnige digter opgee
37Nee, hy het die Waarheid gebring en bevestig die boodskappers
38Julle sal die smartlike straf sekerlik ondergaan
39En julle sal slegs vergeld word vir wat julle gedoen het
40behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes
41Vir hulle is daar ’n bekende voorsiening
42Vrugte. En hulle word geëer
43in Tuine van Genot
44op trone, teenoor mekaar
45’n Beker sal tussen hulle rondgedeel word, gevul uit ’n borrelende fontein
46helderwit, smaaklik vir dié wat drink
47Dit neem die verstand nie weg nie, en veroorsaak ook nie vermoeidheid nie
48En naas hulle sal kuise vrouens wees van beskeie blik, met groot, pragtige oë
49net soos sorgvuldig bewaarde eiers
50Dan sal sommige van hulle hul na ander wend, en mekaar ondervra
51’n Spreker onder hulle sal sê: Ek het waarlik ’n metgesel gehad
52wat gesê het: Is u werklik ál een van diegene wat bevestig
53Wanneer ons dood is en stof en beendere geword het, sal ons dan vergeld word
54Hy sal sê: Sal julle kyk
55Toe het hy afgekyk en hom in die middel van die Hel gesien
56Hy sal sê: By Allah! U het my byna laat vergaan
57En was dit nie vir die guns van my Heer nie, sou ek onder húlle gewees het wat daar vertoef
58Sal ons nie sterwe nie
59ná ons eerste dood? En sal ons nie gestraf word nie
60Voorwaar, dit is die hoogste sukses
61Laat die werkers dan vir die gelyke hiervan werk
62Is dít die beste, of is die boom van Zakkoem1 die beste
63Voorwaar, Ons het dit as ’n beproewing vir die boodskappers gemaak
64Dit is ’n boom wat in die bodem van die Hel groei
65Die trosse daarvan is soos die koppe van slange
66Hulle sal sekerlik daarvan eet, en hulle buik daarmee vul
67Dan sal hulle ’n drank van kokende water kry
68Daarna sal hulle terugkeer sekerlik na die Vlammende Vuur wees
69Hulle het waarlik gevind dat hul voorvaders dwaal
70maar het haastig op hul weë voortgegaan
71En baie van die ou volke vóór hulle het in dwaling verkeer
72En Ons het waarlik waarskuwers na hulle gestuur
73Kyk dan hoe was die einde van hulle wat gewaarsku is
74behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes
75En Noag het waarlik na Ons geroep. Maar wat ’n uitmuntende Beantwoorder van Gebede is Ons nie
76En Ons het hom en sy volk van die groot nood verlos
77en Ons het sy nakomelinge oorlewendes gemaak
78en vir hom lof onder die nageslagte nagelaat
79Vrede vir Noag onder die volke
80Want waarlik, so beloon Ons hulle wat goeie werke doen
81Hy was waarlik een van Ons gelowige dienaars
82Maar Ons het die ander laat verdrink
83En Abraham het waarlik tot sý party behoort
84Toe hy tot sy Heer gekom het met ’n geruste hart
85en aan sy vader en sy volk gesê het: Wat aanbid julle
86Net ’n leuen! ~ Verlang julle na gode buiten Allah
87Wat dink julle van die Heer van die Wêrelde
88Toe het hy sy oë na die sterre opgeslaan
89en gesê: Ek is siek van julle gode
90Hulle het hom die rug toegekeer en weggegaan
91Toe het hy hom tot hulle gode gewend en gesê: Eet julle dan nie
92Wat makeer julle dan dat julle nie praat nie
93En hy het hom na hulle gewend en met die regterhand geslaan
94Hulle2 het haastig weer na hom gekom
95Hy het gesê: Aanbid julle dinge wat julle self uitgebeitel het
96En Alláh het julle geskape, én die werke van jul hande
97Hulle het gesê: Bou vir hom ’n gebou, en werp hom in die Vlammende Vuur
98En hulle het ’n komplot teen hom gesmee, maar Ons het hulle verneder
99En hy het gesê: Voorwaar, ek gaan na my Heer ~ Hý sal my lei
100My Heer! Skenk my ’n nakomeling wat regverdig sal wandel
101So het Ons hom dan die blye tyding van ’n verdraagsame seun gegee
102Maar toe dié mondig geword het, en saam met sy vader gewerk het, het hy gesê: O my seun! Ek het in ’n droom gesien dat ek u moet offer. Oorweeg dan my woorde. Hy het geantwoord: O my vader! Doen soos u beveel word; u sal my ~ as dit Allah behaag ~ sekerlik geduldig vind
103Toe hulle hul dan albei onderwerp het, en hy hom plat op sy voorhoof neergelê het
104het Ons na hom geroep en gesê: O Abraham
105U het die bevel van u droom uitgevoer. Want só beloon Ons hulle wat goeddoen
106Dit was voorwaar ’n groot beproewing
107En Ons het hom deur ’n groot offer verlos
108En onder die nageslagte het Ons vir hom hierdie begroeting nagelaat
109Vrede vir Abraham
110Want so beloon Ons diegene wat goeddoen
111Voorwaar, hy was een van Ons gelowige dienaars
112En Ons het hom die blye tyding aangaande Isak gegee: ’n Profeet, een van die regverdiges
113En Ons het hom en Isak geseën. En onder sy nageslag is sommige wat goeddoen, maar ander doen hulself openlik onreg aan
114En Ons het inderdaad gunste aan Moses en Aäron bewys
115En hulle albei, asook hulle volk, het Ons uit groot nood gered
116En Ons het hulle gehelp, sodat hulle die oorwinnaars geword het
117En Ons het aan hulle albei ’n duidelike Boek gegee
118En Ons het hulle albei op die regte pad gelei
119En onder die nageslagte het Ons hulle hierdie begroeting nagelaat
120Vrede vir Moses en Aäron
121Want so beloon Ons diegene wat goeddoen
122Voorwaar, hulle was altwee onder Ons gelowige dienaars
123En Elias was ook een van die boodskappers
124Toe hy aan sy volk gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie
125Roep julle Baäl aan en versaak julle die Beste Skepper
126Allah, julle Heer en die Heer van julle voorvaders
127Maar hulle het hom verloën, en sal daarom voorgebring word
128behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes
129En onder die nageslagte het Ons vir hom hierdie begroeting nagelaat
130Vrede vir Elias
131Want so beloon Ons hulle wat goeddoen
132Hy was waarlik een van Ons gelowige dienaars
133En Lot was voorwaar een van die boodskappers
134Toe Ons hom en sy familielede gered het
135behalwe ’n ou vrou onder hulle wat agtergebly het
136toe het Ons die ander vernietig
137En julle gaan hulle ou woonplekke sekerlik in die oggend verby
138en ook in die aand. Wíl julle dan nie verstaan nie
139En Jona was waarlik een van die boodskappers
140Toe hy op die belaaide skip gevlug het
141en toe hulle lootjies getrek het en hy oorboord gegooi is
142toe het daar ’n groot vis gekom en hom in die mond geneem terwyl hy homself verwyt het
143Maar as dit nie was dat hy een van diegene was wat Ons verheerlik nie
144sou hy in die vis se buik gebly het tot op die Opstandingsdag
145Daarna het Ons hom op die kaal strand laat uitspoel, terwyl hy siek was
146En Ons het ’n kalbasplant vir hom laat groei
147En as boodskapper het Ons hom na ’n honderdduisend of meer mense gestuur
148En hulle het geglo; daarom het Ons voorsiening vir ’n tyd aan hulle geskenk
149Vra hulle nou of u Heer dogters het terwyl hulle seuns het
150Of het Ons die engele as vroulike wesens geskape, terwyl hulle toegesien het
151Dit is sekerlik hulle eie versinsel as hulle sê
152Allah het verwek. Maar hulle is leuenaars
153Het Hy dogters bo seuns vekies
154Wat makeer julle dan? Hoe oordeel julle
155Sal julle dan nie nadink nie
156Of het julle ’n duidelike gesag
157Bring dan julle Boek, indien julle opreg is
158En hulle beweer dat daar ’n verwantskap tussen Hom en die djien bestaan. En die djien weet voorwaar dat hulle voorgebring sal word om geoordeel te word
159verhewe is Allah bo dít wat hulle beskryf
160maar nie die dienaars van Allah, die gesuiwerdes, nie
161Voorwaar, julle en wat julle aanbid
162teen Hom kan julle niemand opmaak nie
163behalwe hom wat in die Vlammende Vuur brand
164En daar is niemand onder ons gelowiges nie, of daar sal vir hom ’n plek aangewys word
165en ons is gewis in rye gerangskik
166en sekerlik veheerlik ons Hom
167En hulle het daaraan gewoond geraak om te sê
168As ons ’n vermaning van die volke van die outyd gehad het
169sou ons opregte dienaars van Allah gewees het
170Maar nou glo hulle nie daarin nie, daarom sal hulle dit weldra te wete kom
171En waarlik, Ons woord aangaande Ons dienaars, die bood- skappers, is reeds uitgespreek
172Hulle, ja waarlik, hulle sál gehelp word
173en Ons leërskare, waarlik, hulle sal triomfantlik wees
174Keer dan ’n tyd lank van hulle af
175en slaan hulle gade, want hulle sal ook sien
176Wou hulle dan Ons straf verhaas
177Maar wanneer dit op hulle land neerdaal, sal die oggend sleg wees vir hulle wat gewaarsku was
178Keer dan ’n tyd lank van hulle af
179en let op, want hulle sal ook sien
180Verhewe is u Heer, die Heer van Roem en Mag, bo dít wat hulle beskryf
181En vrede vir die boodskappers
182En alle lof behoort aan Allah, die Heer van die Wêrelde
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath