Islam
terug

35. Faatir

1Alle lof kom Allah toe, die Skepper van die hemele en die aarde, wat van die engele boodskappers gemaak het met twee, drie en vier vlerke. Hy vermeerder in die skepping wat Hy wil. Waarlik, Allah het mag oor alle dinge

2Wat Allah uit barmhartigheid aan die mens skenk, kan deur niemand teruggehou word nie; en wat Hy terughou, kan deur niemand geskenk word nie. Hy is die Allermagtige, die Allerwyse

3O mensdom! Dink aan die gunste wat Allah julle bewys het. Is daar ’n ander skepper wat julle van die hemel en uit die aarde ’n lewensonderhoud skenk? Daar is geen god nie buiten Hom. Waarom het julle dan afgedwaal

4En as hulle u verwerp, weet dan dat die boodskappers vóór u ook verwerp is. En tot Allah word alles teruggebring

5O mensdom! Die beloftes van Allah is sekerlik waar; laat die lewe van hierdie wêreld julle daarom nie bedrieg nie. En laat die aartsbedrieër julle nie omtrent Allah bedrieg nie

6Voorwaar, die duiwel is julle vyand, daarom moet julle hom ook as ’n vyand beskou. Hy nooi slegs sy metgeselle om bewoners van die Brandende Vuur te word

7Daar is ’n streng straf vir die ongelowiges. Maar daar is vergifnis en ’n groot beloning vir hulle wat glo en goeie werke doen

8Is hy wie se slegte dade vir hom skoonskynend gemaak is, dan so bedorwe dat hy dit as goed beskou? Sekerlik, Allah laat dwaal wie Hy wil en Hy lei wie Hy wil. Waarlik, Allah is die Kennisdraer van wat julle doen

9Dit is Allah wat die winde stuur om wolke op te jaag, dit na ’n dooie land aandryf en daarmee lewe gee aan die aarde ná haar dood. Net so is die Opstanding

10Wie na mag verlang, moet weet dat die mag aan Allah behoort. Tot Hom styg die goeie woorde; en die goeie daad, dit verhef Hy. En dié wat slegte dade beplan, vir hulle is daar ’n streng straf. En hul planne sal misluk

11En Allah het julle uit stof geskape, daarna uit ’n sperm waarna Hy julle tot pare gemaak het. En geen vrou word swanger of bring voort sonder Sy kennis nie. En geen langlewende persoon se lewe word verleng nie, nóg word ’n deel van sy lewe ingekort, of dit is in ’n boek opgeteken. Voorwaar, dit is maklik vir Allah

12En die twee seë is nie eenders nie: die een soet, baie soet, aangenaam om van te drink; en die ander sout, bitter. Tog, van beide eet julle vars vleis en kry ornamente daaruit, wat julle dra. En julle sien hoe die skepe dit bevaar sodat julle van Sy oorvloed mag soek, en sodat julle dankbaar kan wees

13Dit is Hy wat die nag in dag verander, en die dag in nag, en Hy het die son en die maan in diens gestel: elkeen volg sy baan vir ’n vasgestelde termyn. So is Allah, julle Here; aan Hom behoort die Koninkryk. En hulle wat julle buiten Hom aanroep, besit selfs nie eens ’n wit stippel van ’n dadelpit nie

14As julle hulle aanroep, sal hulle julle geroep nie hoor nie; en indien hulle gehoor het, sal hulle julle tog nie kan antwoord nie. En op die Opstandingsdag sal hulle julle vereenselwiging van hulle met Allah ontken. En niemand kan julle soos die Allerbewuste inlig nie

15O mensdom! Dit is júlle wat van Allah afhanklik is; Allah is die Onafhanklike, die Lofwaardige

16As Hy wil, kan Hy julle wegneem en ’n nuwe skepping voortbring

17Dít is vir Allah nie moeilik nie

18En geen lasdraende siel kan die las van ’n ander dra nie. En indien iemand wat swaar belaai is, ’n ander roep om sy las te dra, sal niks daarvan gedra word nie, selfs al is hy ’n bloedverwant. U kan slegs húlle waarsku wat hulle Heer in die geheim vrees en die gebed onderhou. En wie homself reinig, reinig hom vir sy eie ontwil. En tot Allah is die uiteindelike terugkeer

19En die blinde en die siende is nie eenders nie

20ook is die duisternis nie soos die lig nie

21en die skadu is nie die hitte nie

22Nóg is die lewende gelyk aan die dooie. Voorwaar, Allah laat hoor wie Hy wil, maar u kan hulle wat in die grafte is, nie laat hoor nie

23U is slegs ’n waarskuwer

24Voorwaar, Ons het u met die Waarheid gestuur, as ’n draer van blye tyding en as ’n waarskuwer. En daar is nie ’n volk onder wie ’n waarskuwer nie verskyn het nie

25En as hulle u verloën, dan het diegene vóór hulle ook verloën ~ hulle boodskappers het met duidelike bewyse en met Geskrifte en met ’n liggewende Boek by hulle gekom

26Maar Ek het die ongelowiges vasgegryp. En hoe vreeslik was My afkeuring nie

27Sien u nie dat Allah water uit die wolke afstuur en dat Ons daardeur vrugte van verskillende kleure voortbring nie? En in die berge is strale, wit en rooi, van verskillende tinte, en party selfs pikswart

28En net so is daar ook mense, beeste en vee van verskillende kleure. Alleen Sy dienaars wat kennis besit, vrees Allah. Voorwaar, Allah is Almagtig, Vergewensgesind

29Waarlik, hulle wat die Boek van Allah voordra en die gebed onderhou en heimlik of openlik bestee van wat Ons aan hulle geskenk het, hoop op winste wat nooit sal vergaan nie

30sodat Hy hulle beloning ten volle kan terugbetaal, en hulle meer uit Sy oorvloed kan gee. Hy is sekerlik Vergewensgesind, Vermenigvuldiger van beloning

31En wat Ons u van die Boek geopenbaar het, is die waarheid, en bevestig wat reeds voorheen geopenbaar is. Waarlik, Allah is Allerbewus, Siener van Sy dienaars

32Ons het die Boek as erfdeel gegee aan die uitverkorenes onder Ons dienaars. En onder hulle is daar een wat homself ’n onreg aandoen, en nog een wat ’n middeweg volg, en ’n ander wat met die toestemming van Allah vooruitstrewend is in goeie dade. Dít is die groot Genade

33Tuine van Ewigheid sal hulle binnegaan; daarin sal hulle met goue armbande en pêrels getooi word; en hulle kleding daarin sal van sy wees

34En hulle sal sê: Alle lof kom Allah toe, wat die droefheid van ons af weggeneem het! Ons Heer is waarlik Vergewensgesind, Vermenigvuldiger van beloning

35wat ons deur Sy goedertierenheid in die Huis van Ewigheid toegelaat het; daarin raak geen las ons aan nie, nóg kwel die moegheid ons

36En wat die ongelowiges betref, vir hulle is daar die Vuur van die Hel. Geen tydperk is vasgestel, sodat hulle daarná kan sterf nie, en die straf word vir hulle ook nie verminder nie. Want so vergeld Ons elke ondankbare skepsel

37En hulle sal daarin skreeu om hulp: Ons Heer! Haal ons uit! Ons sal hierdie keer beter werke doen as wat ons vroeër gedoen het! Het Ons julle nie ’n lewe gegee, lank genoeg vir hom wat wou onthou, om dit te doen nie? En ’n waarskuwer hét na julle gekom. Ondergaan dan die straf, want vir die boosdoeners is daar geen helper nie

38Voorwaar, Allah is die Kenner van die geheime van die hemele en die aarde. Waarlik, Hy is die Kenner van wat in die harte is

39Dit is Hy wat julle as opvolgers op die aarde aangestel het. Hy wat nie glo nie, sy ongeloof sal teen homself wees. En die ongeloof van die ongelowiges verwek slegs weersin in die oë van hulle Heer

40Sê: Het julle jul deelgenote gesien wat julle buiten Allah aanroep? Wys my watter deel van die aarde hulle geskep het! Of het hulle ’n aandeel aan die hemele? Of het Ons hulle ’n Boek gegee sodat hulle die duidelike riglyne daarvan kan volg? Nee, die boosdoeners belowe mekaar slegs bedrog

41Voorwaar, Allah hou die hemele en die aarde in stand sodat dit nie vergaan nie. En indien hulle vergaan, sal niemand buiten Hom hulle bymekaar kan hou nie. Voorwaar, Hy is Verdraagsaam, Vergewensgesind

42En hulle sweer by Allah hulle sterkste eed, dat as ’n waarskuwer na hulle gekom het, hulle beter as ander volke gelei sou gewees het. Maar toe ’n waarskuwer na hulle gekom het, het dit hulle slegs in afkeer laat toeneem

43hulle gedrag op aarde slegs aanmatiger laat word, en bose planne laat beraam. En die slegte plan omring niemand anders as die deelgenote daaraan nie. Kan hulle dan iets anders as

44Het hulle nie op die aarde gereis en gesien wat die einde was van diegene wat vóór hulle gelewe het nie? En daardie mense was selfs magtiger as dié wat vandag lewe. Dit kom Allah nie te pas dat enigiets in die hemel of op die aarde Hom kan ontgaan nie. Voorwaar, Hy is die Alleswetende, die Allermagtige

45En indien Allah die mense sou straf vir wat hulle verdien, sou Hy geen skepsel op die oppervlak van die aarde agterlaat nie. Maar Hy skenk hulle uitstel tot op ’n vasgestelde tyd. Wanneer hulle verdoemenis kom, dan is Allah waarlik die Siener van Sy dienaars

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath