32. As-Sajda
1Alief, Laam, Miem
2Die openbaring van die Boek, waaraan nie te twyfel is nie, is van die Heer van die Wêrelde
3Sê hulle dalk: Hy het dit versin? Nee, dit is die Waarheid van u Heer, sodat u ’n volk kan waarsku by wie nog geen waarskuwer vóór u gekom het nie, sodat hulle reg gelei kan word
4Dit is Allah wat die hemele en die aarde en wat daartussen is in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van mag geves- tig. Julle het geen beskermer of bemiddelaar buiten hom nie. Sal julle dan nie nadenkend wees nie
5Hý orden die bestel van die hemel tot die aarde; daarna sal dit tot Hom opstyg in een dag, waarvan die duur volgens julle berekening ’n duisend jaar is
6Sodanig is die Kenner van die onsigbare en die sigbare, die Allermagtige, die Genadevolle
7wat alles wat hy geskape het, mooi gemaak het; en Hy het die skepping van die mens uit stof begin
8Daarna het Hy sy nageslag uit ’n uittreksel van veragtelike water gevorm
9Hy vorm hom en blaas van Sy gees in hom, en Hy het vir julle ore en oë en harte gemaak; maar julle betoon maar min dankbaarheid
10En hulle sê: Sal ons, wanneer ons in die aarde verlore is, opnuut geskape word? Nee, hulle is ongelowig aangaande die ontmoeting met hulle Heer
11Sê: Die Engel van die Dood, aan wie julle toevertrou is, sal julle laat sterwe; daarna sal julle na jul Heer teruggebring word
12En o, as u maar kon sien wanneer die misdadigers hulle hoofde voor hulle Heer sal buig, en sê: Ons Heer! Ons het gesien en gehoor; stuur ons terug, ons sal goeie dade doen; ons is nou oortuig
13En as Ons wou, kon Ons aan elke siel leiding gegee het, maar die woord van My word bewaarheid: Ek sal die Hel sekerlik met djien en mense, almal tesame, vol maak
14Ondervind dan die straf omdat julle die ontmoeting van hierdie Dag vergeet het; voorwaar, nou het Ons julle verlaat; ondergaan nou die ewigdurende straf vir wat julle gedoen het
15Slegs hulle glo in Ons tekens wat, wanneer hulle daaraan herinner word, hulle prostreer en hulle Heer verheerlik met die lof wat Hom toekom. Hulle is nie hoogmoedig nie
16En hulle verlaat hul beddens om hul Heer in vrees en hoop aan te roep, en hulle deel uit van wat Ons aan hulle geskenk het
17Geen siel weet dus watter verkwikking vir die oë verborge gehou word nie: ’n beloning vir wat hulle gedoen het
18Is die gelowige dan soos ’n oortreder? Hulle is sekerlik tog nie gelyk nie
19Aangaande hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is daar Tuine, ’n toevlugsoord ~ ’n onthaal vir wat hulle gedoen het
20En aangaande hulle wat oortree, hulle tuiste is die Vuur. Telkens wanneer hulle daaruit wil kom, sal hulle weer daarin teruggedryf word, en daar sal aan hulle gesê word: Proe die straf van die Vuur wat julle verloën het
21En Ons sal hulle inderdaad die ligter straf laat ondergaan, voordat die groot straf kom, sodat hulle hul nog kan bekeer
22En wie is onregverdiger as hy wat deur die tekens van sy Heer vermaan word, maar hom tog daarvan wegdraai? Waarlik, Ons sal die misdadigers vir hul dade vergeld
23Waarlik, Ons het die Boek aan Moses gegee ~ moet dus nie aan die ontmoeting met Hom twyfel nie ~ en Ons het dit tot ’n leiding vir die Kinders van Israel gemaak
24En Ons het leiers uit hul midde aangestel om hulle deur Ons gebod te lei solank hulle standvastig is. En hulle was seker van Ons tekens
25Voorwaar, u Heer sal op die Opstandingsdag tussen hulle oor- deel aangaande dit waaromtrent hulle verskil het
26Is dit nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte ~ in wie se woonplekke hulle tans vertoef ~ Ons vóór hulle vernietig het nie? Waarlik, daar is tekens hierin. Wil hulle dan nie luister nie
27Sien hulle nie dat Ons water na die droë land voer en daardeur graan voortbring waarvan hulle en hul vee eet nie? Wil hulle dan nie sien nie
28Hulle sê: Wanneer sal hierdie oorwinning kom, indien julle opreg is
29Sê: Op die Dag van Oorwinning sal die geloof van die ongelo- wiges hulle nie baat nie, ook sal aan hulle nie uitstel verleen word nie
30Draai daarom weg van hulle af, en wag; waarlik, hulle wag ook
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath