29. Al-Ankaboot
1Alief, Laam, Miem
2Dink die mense dat hulle met rus gelaat sal word, net omdat hulle sê: Ons glo; sonder dat hulle ook beproef sal word
3En Ons het inderdaad diegene vóór hulle beproef; daarom sal Allah seker weet wie opreg is, en Hy sal weet wie die leuenaars is
4Of dink hulle wat bose dade doen, dat hulle Ons sal ontsnap? Hulle oordeel is swak
5Wie die ontmoeting met Allah verwag, moet weet dat die vasgestelde tyd van Allah gewis sal kom. En Hy is die Alles- horende, die Alleswetende
6En wie hard strewe, strewe slegs vir homself. Voorwaar, Allah is Selfgenoegsaam, bo die behoefte van Sy skepsels verhef
7En aangaande hulle wat glo en goeie dade doen, Ons sal gewis hulle kwellings verwyder en hulle die beste beloning gee vir wat hulle doen
8En Ons het die mens gebied om sy ouers goed te behandel. Maar indien hulle met u argumenteer om ander met My te vereenselwig waarvan u geen kennis dra nie, gehoorsaam hulle nie. Tot My is u terugkeer, en Ek sal u meedeel wat u gedoen het
9En hulle wat glo en goeie dade doen, vir hulle sal Ons sekerlik onder die regverdiges toelaat
10En onder die mense is daar hy wat sê: Ons glo in Allah. Maar as hy vervolg word ter wille van Allah, beskou hy die vervolging as ’n straf van Allah. En as hulp van u Heer kom, sê hulle: Waarlik, ons was saam met u. Is Allah dan nie die Beste Kennisdraer van wat in die hart van die mens omgaan nie
11Allah sal seker weet wie diegene is wat glo, en Hy sal weet wie die huigelaars is
12En hulle wat nie glo nie sê aan die gelowiges: Volg ons weg; ons sal julle sonde dra. En hulle is nie in staat om hul sondes te dra nie. Hulle is sekerlik leuenaars
13Hulle sal sekerlik hulle eie laste dra, en ander laste buiten hulle eie laste; en waarlik, hulle sal op die Opstandingsdag ondervra word aangaande dít wat hulle versin het
14Voorwaar, Ons het Noag na sy volk gestuur, en op vyftig jaar na het hy ’n duisend jaar onder hulle gebly. En die sondvloed het hulle ingehaal terwyl hulle sondaars was
15Daarom het Ons hom en sy volgelinge in die ark gered, en dit tot ’n teken vir die volke gemaak
16En vir Abraham het Ons gestuur toe hy aan sy volk gesê het: Aanbid Allah, en wees bewus van Hom. Dit sal vir julle die beste wees, indien julle dit weet
17Buiten Allah aanbid julle slegs afgode, en julle versin ’n leuen. Hulle wat julle buiten Allah aanbid, het sekerlik geen gesag oor julle onderhoud nie. Soek daarom lewensonderhoud van Allah en aanbid Hom en wees Hom dankbaar. Tot Hom sal julle teruggebring word
18En as julle verloën, ander nasies vóór julle het die Waarheid inderdaad ook verloën. En die plig van die Boodskapper is slegs om die boodskap duidelik af te lewer
19Sien hulle nie hoedat Allah die skepping verwek en dit daarna herhaal nie? Dit is waarlik maklik vir Allah
20Sê: Reis oor die aarde, en kyk hoe Allah die eerste skepping begin het en daarna ook die latere skepping verwek het. Waarlik, Allah het mag oor alle dinge
21Hy straf wie Hy wil en Hy toon barmhartigheid aan wie Hy wil, en tot Hom sal julle teruggebring word
22En julle kan nie uit die aarde of uit die hemel ontsnap nie, en buiten Allah het julle geen beskermer of helper nie
23En diegene wat nie in die tekens van Allah en die ontmoeting met Hom glo nie, hulle wanhoop aan My barmhartigheid, en vir hulle is daar ’n smartlike straf
24En die antwoord van sy volk was niks anders nie as dat hulle gesê het: Maak hom dood, of verbrand hom! Maar Allah het hom van die vuur gered. Daarin is sekerlik tekens vir ’n volk wat glo
25En hy het gesê: Julle het buiten Allah slegs afgode geneem ter wille van die vriendskap met mekaar in die lewe van hierdie wêreld, maar op die Opstandingsdag sal sommige van julle ander vervloek; en julle tuiste sal die Vuur wees, en julle sal geen helpers hê nie
26Lot het daarom in hom geglo. En hy het gesê: Ek vlug na my Heer. Waarlik, Hy is die Almagtige, die Allerwyse
27En Ons het Isak en Jakob aan hom gegee, en die profeetskap en die Boek vir sy nageslag verorden. En Ons het hom sy beloning in hierdie wêreld gegee, en in die Hiernamaals sal hy sekerlik onder die regverdiges wees
28En toe Lot aan sy volk gesê het: Voorwaar, julle verrig ’n gruwel- daad wat geen mens ooit vóór julle begaan het nie
29Nader julle manne met wellus, en pleeg julle struikrowery, en begaan julle selfs gruweldade op julle byeenkomste? Maar die antwoord van sy volk was slegs: Bring die straf van Allah oor ons, as u die waarheid spreek
30Hy het gesê: My Heer! Help my teen hierdie sondige volk
31En toe Ons boodskappers met goeie nuus na Abraham gekom het, het hulle gesê: Ons gaan die volk van hierdie stad vernietig, want haar inwoners is kwaaddoeners
32Hy het gesê: Maar Lot is daarin. Hulle het gesê: Ons weet wel wie daarin is. Ons sal hom en sy volgelinge sekerlik red, behalwe sy vrou; sy is een van hulle wat sal agterbly
33En toe Ons boodskappers by Lot kom, het hy verdriet oor hulle gehad, want hy was nie in staat om hulle te beskerm nie. Maar hulle het gesê: Moenie vrees nie, en treur ook nie. Waarlik, ons sal u en u volgelinge red, behalwe u vrou, want sy is een van hulle wat moet agterbly
34Ons sal gewis ’n straf uit die hemel oor die bewoners van hierdie stad afstuur, vanweë hul oortredinge
35En Ons het waarlik ’n duidelike teken daarvan nagelaat vir ’n volk wat verstaan
36En na Mede het Ons hulle broer Sjoe-eib gestuur, wat gesê het: O my volk! Dien Allah, en vrees die Laaste Dag, en stig geen onheil op hierdie aarde nie
37Maar hulle het hom verloën. Daarom het ’n hewige aardbewing hulle getref, en hulle het in hul wonings uitgestrek op die grond bly lê
38En Aad en Thamoed! Sommige van hulle wonings kan julle inderdaad nog sien. En die duiwel het hulle dade vir hul aan- loklik gemaak, en het hulle uit die pad gedraai, ofskoon hulle dit duidelik kon sien
39En Korah en Farao en Hamaan! En waarlik, Moses het met duidelike bewyse na hulle gekom, maar hulle het hul hoog- moedig gedra; maar hulle kon Ons nie ontduik nie
40So het Ons iedereen vir sy sonde gestraf. En onder hulle was hy oor wie Ons ’n geweldige storm gestuur het, en onder hulle was een wat deur die aardbewing getref is, en onder hulle was hy wat in die aarde versink het, en onder hulle was hy vir wie Ons laat verdrink het. en dit was nie Allah wat hulle onreg aangedoen het nie, maar hulle het hulself onreg aangedoen
41Die gelykenis van hulle wat beskermhere buiten Allah aanneem, is soos die gelykenis van die spinnekop wat ’n huis vir haarself maak; en die swakste huis is sekerlik die huis van die spinnekop, as hulle dit maar net besef
42Voorwaar, Allah weet wat hulle buiten Hom aanroep. En Hy is die Almagtige, die Allerwyse
43En hierdie gelykenisse stel Ons voor vir die mens, en niemand verstaan hulle nie behalwe die geleerdes
44Allah het die hemele en die aarde in waarheid geskape. Daarin is sekerlik ’n teken vir diegene wat glo
45Verkondig dít wat aan u in die Boek geopenbaar is, en onderhou die gebed. Voorwaar, die gebed hou ’n mens weg van onwelvoeg- likheid en die kwaad. Om aan Allah te dink, is sekerlik die grootste krag. En Allah weet wat julle doen
46En redeneer nie met die Mense van die Boek nie, behalwe op ’n goeie wyse, en slegs met diegene wat onregverdig handel. Maar sê: Ons glo wat aan ons en aan julle geopenbaar is, en Ons God en julle God is EEN, en ons is onderdanig aan Hom
47En aldus het Ons die Boek aan u geopenbaar, en hulle aan wie Ons die Boek gegee het, glo daarin, en onder die volk van Mekka is daar ook sommige wat daarin glo; en niemand ontken Ons tekens nie, behalwe die ongelowiges
48Voorheen het u geen boek gelees, of een met u regterhand geskryf nie, want anders kon die leuenaars daaraan getwyfel het
49Nee, dit is duidelike tekens in die harte van diegene aan wie kennis geskenk is. En niemand ontken Ons tekens nie, behalwe die kwaaddoeners
50En hulle sê: Waarom word geen tekens van sy Heer aan hom gestuur nie? Sê: Die tekens is alleen by Allah, en ek is slegs ’n duidelike waarskuwer
51Is dit nie genoeg vir hulle dat Ons aan u die Boek geopenbaar het wat aan hulle voorgedra word nie? Voorwaar, hierin is barmhartigheid en ’n waarskuwing vir ’n gelowige volk
52Sê: Allah is voldoende as Getuie tussen my en julle. Hy weet alles wat in die hemele en op die aarde is. En hulle wat in valsheid glo en nie in Allah nie, hulle is dié wat die verloorders sal wees
53En hulle vra u om die straf te verhaas. En was dit nie dat daar reeds ’n tydperk vasgestel was nie, sou die straf sekerlik oor hulle gekom het. En dit sal gewis skielik oor hulle kom, terwyl hulle dit nie besef nie
54Hulle vra u om die straf te verhaas; maar waarlik, die Hel sal die ongelowiges omring
55op die Dag wanneer die straf hulle sal oorweldig, van bokant hulle en van onder hulle voete! En Hy sal sê: Smaak die straf van julle hande
56O My dienaars wat glo! My aarde is waarlik uitgestrek; aanbid daarom My alleen
57Elke siel moet die dood ondervind; daarna sal julle na Ons teruggebring word
58En hulle wat glo en goeddoen, sal Ons sekerlik huisves in verhewe wonings van die Paradys waardeur riviere vloei. Hulle sal daarin bly. Hoe voortreflik is die beloning van hulle wat goeddoen
59Hulle wat standvastig is en hulle vertroue in hul Heer stel
60En hoeveel diere is daar wat nie hulle eie lewensonderhoud saamdra nie! Allah sorg vir hulle, en vir julle. En Hy is die Alleshorende, die Alleswetende
61En as u hulle vra: Wie het die hemele en die aarde geskape, en die son en die maan in diens gestel? Dan sal hulle sekerlik sê: Allah. Waarom is hulle dan nie op die regte weg nie
62Allah vergroot en verminder die lewensonderhoud vir wie van Sy dienaars Hy wil. Voorwaar, Allah het kennis van alle dinge
63En as u hulle vra: Wie is dit wat water uit die wolke afstuur en lewe gee aan die aarde ná haar dood? Dan sal hulle sekerlik sê: Allah. Sê: Alle lof behoort aan Allah! Nee, die meeste van hulle verstaan nie
64En die lewe van hierdie wêreld is niks anders nie as ’n leë vermaak en ’n speletjie. En die tuiste van die Hiernamaals, dít is die werklike Lewe, as hulle dit maar kon weet
65En wanneer hulle op ’n skip vaar, roep hulle Allah aan, opreg in hul gehoorsaamheid aan Hom. Maar wanneer Hy hulle veilig aan wal bring, kyk! dan skryf hulle deelgenote aan Hom toe
66en hulle is ondankbaar vir wat Ons hulle geskenk het, en hulle vermaak hulself. Maar hulle sal dit weldra te wete kom
67Sien hulle dan nie dat Ons ’n Heiligdom2* veilig gemaak het, terwyl mense rondom hulle met geweld weggevoer word nie? Wil hulle dan nog in die valsheid glo en nie in die gunste van Allah nie
68En wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin, of die Waarheid verloën wanneer dit na hom kom? Is daar nie in die Hel ’n oord vir die ongelowiges nie
69En vir hulle wat hard na Ons guns strewe, sal Ons sekerlik op Ons weg lei. En Allah is waarlik na aan hulle wat goeddoen
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath