25. Al-Furqaan
1Geseënd is Hy wat die Kriterium na Sy dienaar afgestuur het, sodat hy ’n waarskuwer vir alle volke mag wees
2Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort, en wat geen seun vir Homself geneem het nie, en wat geen metgesel in die koninkryk het nie, en wat elke ding geskape het en daarna ’n maat daarvoor verorden het
3En hulle neem buiten Hom gode wat niks kan skep nie, terwyl hulle self geskape is, en hulle bewerk vir hulself so geen nadeel of voordeel nie, ook het hulle geen mag oor die dood, of lewe, of die weeropstanding nie
4En die ongelowiges sê: Dit is niks anders nie as ’n leuen wat hy versin het, en ander mense het hom daarmee gehelp. So het hulle inderdaad onregverdigheid en valsheid gebring
5En hulle sê: Dit is fabels van die ou volke wat hy laat afskryf het, en dit word vir hom soggens en saans voorgelees
6Sê: Hy wat die geheim van die hemele en die aarde ken, het dit geopenbaar. Waarlik, Hy is Vergewensgesind, Genadevol
7En hulle sê: Wat se Boodskapper is dit? Hy eet voedsel en gaan op die markte rond. Waarom is ’n engel nie na hom afgestuur om ’n waarskuwer sáám met hom te wees nie
8Of hoekom is daar nie ’n skat aan hom gegee, of ’n tuin waaruit hy kan eet nie? En die kwaaddoeners sê: Julle volg slegs ’n betowerde man
9Kyk net watter gelykenisse hulle vir u voorstel ~ hulle het afge- dwaal, en kan die regte weg nie meer vind nie
10Geseënd is Hy wat, indien Hy wil, u iets beters as dit sal skenk: Tuine waardeur riviere stroom. En Hy sal u paleise gee
11Nee, hulle verloën die Uur, en vir hom wat die Uur verloën, het Ons ’n Brandende Vuur voorberei
12Wanneer hulle die Hel vanaf ’n verafgeleë plek sien, sal hulle haar woede en geraas hoor
13En wanneer hulle aanmekaargeketting in ’n nou plekkie daarin gewerp word, sal hulle om vernietiging roep
14Roep nie net een maal om vernietiging nie, maar roep om vernietiging keer op keer
15Sê: Is dít die beste, of is die Tuine van Ewigheid, wat aan die pligsgetroues belowe word, verkiesliker? Die Tuine is vir hulle ’n beloning en ’n toevlug
16Daarin is ewigdurend vir hulle wat hul verlang. Dit is ’n belofte van u Heer waarna gevra word
17En op die Dag wanneer Hy die ongelowiges en diegene wat hulle buiten Allah aanbid, sal versamel, sal Hy sê: Was dit júlle wat hierdie dienaars van My verlei het, of het hulle self van die regte pad afgedwaal
18Hulle sal sê: Heilig is U! Dit het ons nie betaam om ’n ander beskermer as U te neem nie, maar U het hulle en hulle vaders laat geniet totdat hulle die Aanmaning vergeet het, en hulle het ’n velore volk geword
19So sal hulle julle verloën, sodat julle nóg die kwaad kan afwend, nóg hulp sal verkry. En wie van julle kwaad doen, Ons sal hom ’n swaar straf laat smaak
20En nooit het Ons boodskappers vóór u gestuur nie, of hulle het sekerlik voedsel geëet en op die markte rondgegaan. En Ons maak sommige van julle ’n beproewing vir ander. Sal julle dan geduldig wees? En u Heer is Allessiende
21En diegene wat die ontmoeting met Ons nie verwag nie, sê: Waarom is geen engele na u gestuur nie, of hoekom sien ons nie ons Heer nie? Hulle het voorwaar ’n hoë dunk van hulself, en het met ’n groot beroering opstandig geword
22Op die Dag wanneer hulle die engele sal sien, sal daar geen blye tyding vir die skuldiges wees nie, en hulle sal sê: Laat daar ’n groot versperring wees
23En Ons sal Ons na die werke wend wat hulle verrig het, en sal dit soos stof verstrooi
24Die bewoners van die Paradys sal op daardie Dag in ’n beter woonplek wees en ook ’n beter oord hê
25En op die Dag wanneer die hemel met wolke uitmekaar sal bars en die engele afgestuur sal word
26Die koninkryk sal op daardie Dag tereg aan die Barmhartige behoort, en dit sal vir die ongelowiges ’n moeilike Dag wees
27En op die Dag wanneer die kwaaddoener sy hande sal byt, sal hy sê: O, het ek maar liewers die weg van die Boodskapper gevolg
28O wee! Het ek maar nooit so iemand as vriend1 geneem nie
29Sekerlik het hy my van die Aanmaning laat afdwaal nadat dit tot my gekom het. En die duiwel laat die mens altyd in die steek
30En die Boodskapper sal sê: O my Heer! My volk het hierdie Qur’ãn versaak
31En so het Ons vir elke profeet ’n vyand onder die beskuldigdes gemaak, en u Heer is Voldoende as ’n Gids en ’n Helper
32En die ongelowiges sê: Waarom is die Qur’ãn nie voltooid aan hom geopenbaar nie? So is dit, sodat Ons u hart daardeur kan versterk, en Ons het dit duidelik en geleidelik uiteengesit
33En hulle kan u geen vraag stel nie, of Ons het aan u die waar- heid en die beste uitleg geskenk
34Diegene wat op hulle gesigte in die Hel versamel sal word ~ hulle verkeer in ’n slegte toestand en het ver van die regte pad afgedwaal
35En voorwaar, Ons het aan Moses die Boek gegee, en Ons het sy broer Aäron vir hom as ’n helper aangestel
36Toe het Ons gesê: Gaan julle albei na die volk wat Ons tekens verloën het. Daarna het Ons die volk met ’n vreeslike verwoesting vernietig
37En toe die volk van Noag die boodskappers verloën het, het Ons hulle laat verdrink, en van hulle ’n voorbeeld vir die mense gemaak ~ en Ons het ’n smartlike straf vir die kwaaddoeners berei
38En so ook Aad en Thamoed, en die volk van Rass, en baie ander geslagte tussen hulle
39En aan iedereen van hulle het Ons voorbeelde gegee, en ieder- een het Ons met ’n vreeslike verwoesting vernietig
40En hulle gaan inderdaad by ’n stad verby waarop bose reën geval het. Sien hulle dit dan nie? Nee, hulle verwag die weeropstanding nie
41En wanneer hulle u sien, dryf hulle die spot met u: Is dit hý vir wie Allah as ’n boodskapper gestuur het
42Inderdaad het hy ons byna van ons gode laat afdwaal, was dit nie dat ons so geheg aan hulle was nie. Maar hulle sal weldra te wete kom ~ wanneer hulle die straf bemerk ~ wie die verste van die regte pad afgedwaal het
43Het u hom gesien wat van sy slegte begeertes sy god maak? Sal u ’n bewaker oor hom wees
44Of dink u dat die meeste van hulle hoor of verstaan? Hulle is soos vee; nee, hulle het nog verder van die pad afgedwaal
45Sien u nie hoe u Heer die skadu verleng nie? En as Hy wou, kon Hy dit onbeweeglik gemaak het. Ons het die son ’n aanwysing daarvan gemaak
46Daarna trek Ons dit na Ons, en Ons trek dit langsaam
47En dit is Hy wat die nag as ’n bedekking vir julle gemaak het, en die slaap vir rus; en Hy het die dag gemaak om weer op te staan
48En dit is Hy wat die winde as ’n blye tyding voor Sy genade uitstuur; en Ons stuur suiwer water uit die wolke af
49sodat Ons daarmee lewe aan ’n dooie land kan gee en dit as drank gee aan die vee en aan die baie mense wat Ons geskape het
50En Ons herhaal dit aan hulle, sodat hulle dit kan onthou, maar die meeste mense weier alles, behalwe ondankbaarheid
51En as Ons wou, kon Ons in elke stad ’n waarskuwer laat opstaan het
52Gehoorsaam die ongelowiges dus nie, en stry met die Qur’ãn ’n hewige stryd teen hulle
53En dit is Hy wat die twee waters vry laat vloei, die een soet, baie soet, en die ander souterig, bitter. En tussen die twee het Hy ’n afskeiding, ’n onskendbare vesperring, geplaas
54En dit is Hy wat die mens uit water geskape het en daarna vir hom bloedverwantskap en huweliksverwantskap gemaak het. En u Heer is vir ewig Almagtig
55En hulle aanbid buiten Allah dít wat hulle nóg voordeel nóg nadeel kan bring. En die ongelowige is altyd ’n helper teen sy Heer
56En Ons het u slegs as ’n bode van blye tyding en as ’n waarskuwer gestuur
57Sê: Ek vra julle niks in ruil daarvoor nie, behalwe dat hy wat wil, die weg na sy Heer sal inslaan
58En stel u vertroue in die Ewiglewende wat nie sterf nie, en verheerlik die lof wat Hom toekom. En Hy is voldoende Bewus van Sy dienaars se sonde
59Hy wat die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag gevestig. Vra dus omtrent Hom van iemand wat weet
60En wanneer dit aan hulle gesê word: Prostreer voor die Barmhartige, dan sê hulle: En wat ís die Barmhartige? Sal ons prostreer voor dít wat u ons gelas? En dit laat hulle slegs in afkeer toeneem
61Geseënd is Hy wat die sterre in die hemel gemaak het, en ’n liggewende son en maan daarin geplaas het
62En dit is Hy wat die nag en die dag gemaak het dat die een die ander opvolg, vir hom wat verlang om te onthou of wat verlang om dankbaar te wees
63En die dienaars van die Barmhartige is húlle wat ootmoedig op die aarde wandel, en wanneer die onkundiges hulle aanspreek, sê hulle: Vrede
64En hulle wat prostreer, en staande voor hulle Heer die nag deurbring
65En hulle wat sê: Ons Heer! Keer die straf van die Hel van ons af. Voorwaar, die straf daarvan is ’n voortdurende kwelling
66Dit is waarlik ’n slegte oord en laaste rusplek
67En hulle wat, wanneer hulle spandeer, nóg spandabelrig nóg suinig is. En die regte middelweg is altyd tussen hierdie twee uiterstes
68En hulle wat geen ander god buiten Allah aanroep nie en wat niemand doodmaak nie omdat Allah dit verbied het, behalwe ter wille van geregtigheid, en ook nie owerspel pleeg nie. En wie dít ook al doen, sal die straf van sonde tegemoetloop
69Die straf sal vir hom verdubbel word op die Dag van Opstan- ding, en hy sal in vernedering daarin vertoef
70behalwe hy wat berou het en glo en goeie werke doen; vir hulle sal Allah hulle slegte dade in goeie dade verander. En Allah is altyd Vergewensgesind, Barmhartig
71En hy wat berou het en goeddoen, wend hom sekerlik tot Allah met ’n goeie bedoeling
72En hulle wat nie valse getuienis aflê nie, en hulle wat, wanneer hulle iets boos verbygaan, edelmoedig verbygaan
73En hulle wat, wanneer hulle deur die tekens van hulle Heer gewaarsku word, nie daarby doof en blind neerval nie
74En hulle wat sê: Ons Heer! Maak ons eggenotes en ons kinders tot ’n troos vir ons oë. En maak ons leiers vir diegene wat teen die kwaad waak
75Diesulkes sal met die hoogste plekke beloon word, omdat hulle geduldig is, en daarin sal hulle ontvang word met groete en vrede
76om daarin te vertoef. Uitstekend is die verblyf en rusplek
77Sê: My Heer sou vir julle nie omgegee het nie, was dit nie vir julle gebede nie. Nou het julle die waarheid verloën, en weldra sal die straf jul opgelê word
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath