15. Al-Hijr
1Alief, Laam, Raa.1 Dít is die verse van die Boek, en van ’n Qur’ãn wat verduidelik
2Dikwels sal die ongelowiges wens dat hulle Moesliems was
3Laat hulle eet en hulself vermaak, en laat valse hoop hulle bedrieg, want hulle sal weldra beter weet
4En nooit het Ons ’n stad verwoes nie, of die besluit daartoe is eers bekend gemaak
5Geen volk kan hulle lot bespoedig nie, ook kan hulle dit nie vertraag nie
6En hulle sê: O, jy aan wie die vermaning geopenbaar is! Jy is voorwaar besete
7Waarom bring u ons nie die engele nie, as u opreg is
8Ons stuur geen engele nie behalwe met die waarheid, en dan sou geen uitstel aan hulle verleen word nie
9Voorwaar, Ons het die Vermaning geopenbaar, en Ons is gewis die Bewaker daarvan
10En vóór u het Ons reeds boodskappers na die volkstamme van die ou tyd gestuur
11En daar het nooit ’n boodskapper na hulle gekom nie, of hulle het hom bespot
12So laat Ons dit die harte van die misdadigers binnedring
13hulle glo nie daarin nie, hoewel hulle weet wat met die ou volkere gebeur het
14En al sou Ons ook ’n deur na die hemel vir hulle oopmaak, en hulle styg aanhoudend daarin op
15sou hulle sê: Ons oë was slegs beneweld, of liewers: Ons was betower
16En voorwaar, Ons het groot sterre in die hemel geplaas, en Ons het dit is aanloklik gemaak vir wie dit aanskou
17En Ons beskerm dit teen elke vervloekte duiwel
18Maar indien iemand steelsgewys luister, sal ’n helder vlam hom navolg
19En Ons het die aarde uitgesprei en magtige berge daarop geplaas, en Ons laat geskikte plante daarop groei
20En Ons het daar lewensmiddele geplaas vir julle en vir diegene wie julle nie onderhou nie
21En daar is niks waarvan die seëninge nie by Ons berus nie, en Ons stuur dit slegs in bekende mate af
22En Ons stuur bevrugtende winde, en daarna stuur Ons water neer uit die wolke, en gee dit vir julle om te drink, en dit is nie julle wat dit opgaar nie
23En voorwaar, dit is Ons wat die lewe gee en die dood veroorsaak, en Ons is die Erfgename
24En sekerlik weet Ons wie van julle vooruitgaan en nie agterbly nie
25Voorwaar, sy Heer sal hulle almal bymekaar bring. Waarlik, Hy is Allerwys, Alleswetend
26En gewis het Ons die mens uit klei geskape, uit veranderde modder in ’n patroon gevorm
27En die djien het Ons voorheen uit rooklose, vlammende vuur geskape
28En toe u Heer die engele toegespreek het: Ek gaan die mens uit klei skep, uit veranderde modder in ’n patroon vorm
29Wanneer ek hom daaruit gevorm en My gees in hom geblaas het, prostreer dan voor hom
30Die engele het almal saam geprostreer
31maar net Iblies nie; Hy het geweier om saam met die onderdaniges te wees
32Hy het gesê: O Iblies! Waarom is jy nie saam met die onderdaniges nie
33Hy het geantwoord: Ek gaan my nie aan die mens wat U uit klei geskape het, en uit veranderde modder in ’n patroon gevorm het, prostreer nie
34Hy het gesê: Gaan dan weg hiervandaan; u is vervloek
35En voorwaar, My vloek sal op u rus tot op die Oordeelsdag
36Hy het gesê: My Heer! Skenk my dan uitstel tot op die Dag wanneer hulle opgewek sal word
37Hy het gesê: Aan u word uitstel verleen
38tot die Dag van die aangewese tyd
39Hy het gesê: My Heer! Aangesien U my as dwalende veroordeel het, sal ek die bose aantreklik aan hulle voorstel, en ek sal veroorsaak dat hulle afdwaal
40behalwe U dienaars tussen hulle, die gesuiwerdes
41Hy het gesê: Dit is die regte weg wat na My lei
42Wat my dienaars betref, u het geen gesag oor hulle nie, behalwe die dwalendes wat u volg
43En die Hel is voorwaar die beloofde plek vir hulle almal
44Dit het sewe deure. Vir elke deur is ’n vasgestelde klas (sondaar)
45Voorwaar, hulle wat bewus is van Allah, sal middein tuine en fonteine wees
46Betree dit in vrede en veiligheid
47En Ons sal alle bitterheid en wraak uit hulle harte uitroei, en as broers op verhewe trone sal hulle teenoor mekaar sit
48Vermoeidheid sal hulle daarin nie aantas nie, ook sal hulle nie daaruit verdryf word nie
49Stel My dienaars in kennis dat Ek die Vergewensgesinde, die Barmhartige, is
50en dat My straf ’n pynlike straf is
51En stel hulle in kennis van die gaste van Abraham
52Toe hulle by hom binnegetree het, het hulle gesê: Vrede! Hy het geantwoord: Ons vrees julle
53Hulle het geantwoord: Moenie vrees nie; ons bring u die goeie tyding van ’n seun wat baie kennis en wysheid sal besit
54Hy het gesê: Bring julle my goeie nuus terwyl die ouderdom my reeds ingehaal het? Waarom gee julle my dan dié nuus
55Hulle het gesê: Ons bring ’n blye tyding met waarheid; wees u dan nie een van die wanhopiges nie
56Hy het gesê: Wie anders wanhoop aan die genade van Sy Heer, behalwe die dwalendes
57Hy het gsê: Wat is julle taak dan, o boodskappers
58Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur
59Behalwe die volk van Lot. Ons sal hulle almal red, met die uitsondering
60van sy vrou. Ons het verorden dat sy voorwaar met die agtergeblewenes sal wees
61En toe die boodskappers by die volgelinge van Lot gekom het
62en hy gesê het: Waarlik, julle is onbekendes
63het hulle geantwoord: Nee, ons kom na u met dít waaroor hulle twyfel
64en ons bring aan u die waarheid. U kan ons glo
65Vertrek daarom met u volgelinge gedurende die nag, en bly altyd in hul agterhoede. En moenie dat iemand omkyk nie, en gaan waarheen julle beveel word
66En Ons het dit aan hom bekend gemaak dat die wortels hiervan in die oggend afgesny sal word
67En toe die inwoners van die stad jubelend nader gekom het
68het hy gesê: Hulle is my gaste; moenie my in die skande steek nie
69en vrees Allah, en moet my nie in die skande steek nie
70Maar hulle het geantwoord: Het ons julle nie belet om iemand te herberg nie
71Toe het hy gesê: Hier is my dogters, as julle dan iets wil doen
72Waarlik, hulle het blindelings gedwaal
73En teen sonop het die straf hulle oorval
74Ons het die stad omgekeer en harde klippe daarop laat reën
75Waarlik, hierin is tekens vir hulle wat uit die lot van ander ’n les wil leer
76En dit is ’n weg wat nog begaanbaar is
77Voorwaar, hierin is ’n teken vir die gelowiges
78En die Bewoners van die Woud was net so sondig
79Daarom het Ons ook húlle getref ~ En hierdie plekke lê albei aan die grootpad
80En die Bewoners van die Rots3 het waarlik die boodskappers verloën
81En Ons het Ons tekens aan hulle oorgedra, maar hulle het die rug daarop gedraai
82En hulle het wonings van veiligheid in die berge uitgekap
83en tog het die straf hulle in die môre oorval
84En wat hulle verwerf het, het hul niks gebaat nie
85En Ons het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, met die waarheid geskape. En die Uur sal gewis kom; wees daarom sagmoedig
86Voorwaar, u Heer ~ Hy is die Skepper, die Alleswetende
87En Ons het waarlik aan u die sewe herhaalde verse en die verhewe Qur’ãn gegee
88Staar u oë nie moeg na wat Ons aan sommige groepe gegee het om van te geniet nie, en treur ook nie oor hulle nie, en wees sagmoedig teenoor die gelowiges
89En sê: Voorwaar, ek is die waarskuwer
90Ons het ook boodskappers gestuur na hulle wat die eed afgelê het
91en na hulle wat die Qur’ãn wou opdeel
92By u Heer! Ons sal hulle almal gewis ondervra
93oor wat hulle gedoen het
94Verkondig daarom openlik wat u beveel word, en draai weg van die heidene af
95Ons bied u voldoende beskerming teen die spotters
96wat ander gode met Allah vereenselwig ~ Maar weldra sal hulle dit te wete kom
97En Ons weet ook dat u hart benoud word oor wat hulle sê
98Verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, en wees saam met hulle (wat voor hul Heer) prostreer
99En dien u Heer tot op die tyd van u afsterwe
bron: Imam M. A. Baker
WEBREATH · 11:11
«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7
Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.
WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath