Islam
terug

100. Al-Aadiyaat

1By hulle wat skreeuend storm

2En hulle wat vuurvonke uitslaan

3En teen dagbreek plotseling ’n aanval doen

4en so ’n stofspoor laat

5en deur die vyandige menigtes breek

6Voorwaar, die mens is ondankbaar teenoor sy Heer

7En waarlik, hy self is getuie daarvan

8en weens sy liefde vir rykdom is hy suinig

9Weet hy dan nie dat wat in die grafte is, opgewek sal word nie

10en dat wat in die harte is, bekend gemaak sal word nie

11Hulle Heer sal aangaande hulle op hierdie Dag goed ingelig wees

bron: Imam M. A. Baker

WEBREATH · 11:11

«If you are thankful, I will give you more» — Quran 14:7

Breath is one for all: everyone lives by it, whoever they are and whatever they believe. Every day at 11:11 local time people stop for sixty seconds, breathe, and thank GOD for the breath — each in their own words, each within themselves. In that minute we are One Breath.

WEBREATH — the Minute at 11:11, your own local time — we are One Breath